Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Duisende voorleggings vir en teen NGV

Van die tienduisende voorleggings wat per e-pos ontvang is, is die meeste gekant teen die staat se plan met ’n nasionale mediese fonds, terwyl openbare sittings en per hand afgelewerde kommentaar weer die teenoorgestelde toon.

ngv, mediese fonds,
Voorleggings oor NGV gaan van Oktober tot Desember aangehoor word. Foto: Unsplash

’n Voorlegging is Woensdag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid gegee oor die proses van openbare deelname oor die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Die volgende fase is nou mondelingse voorleggings in die parlement.

Daar is 121 organisasies en individue wat belangstel om mondelingse voorleggings te gee. Dit is meestal bedryfsinstansies, burgerlike organisasies, vakbonde, mediese fondse, ondernemings in die gesondheidsbedryf, hospitaalgroepe en nieregeringsorganisasies.

Die konsepvoorstel is dat die openbare vergaderings Dinsdae en Vrydae gehou word van die laaste week in Oktober tot die eerste week in Desember. Die plan is om sewe voorleggings per dag te doen van tot 50 minute elk.

Die komitee het voorheen in ’n advertensie vir voorleggings gevra en het landwyd openbare vergaderings gehou.

Sowat 11 500 mense – waarvan die meeste in Mpumalanga was – het die vergaderings bygewoon.

Op die openbare vergaderings het 961 lede van die publiek mondelingse voorleggings gedoen. Die meeste voorleggings is in Gauteng gedoen.

 

Sukkel om voorleggings te ontleed

Die komitee het gehoor “gegewe die volume van voorleggings wat reeds ontvang is wat ontleed moet word, word aanbeveel dat die voorstel om ’n eksterne diensverskaffer aan te stel, herbesoek word”.

Daar is 32 634 voorleggings per e-pos ontvang en 32 217 is met die hand afgelewer.

Hiervan is sowat 30 200 net een sin lank waarin aangedui word of die wetsontwerp gesteun of nie gesteun word nie.

Van die voorleggings wat met die hand afgelewer is, steun 94% of 30 200 die wetsontwerp.

Van die voorleggings wat per e-pos ontvang is, is 27 321 teen die wetsontwerp gekant.

Van die kommentaar wat per e-pos ontvang is, is daar onder meer een wat 177 602 voorleggings insluit.

Net 226 van die voorleggings wat per e-pos ontvang is, is substantief. Die span wat die inligting ontleed, het nog net 100 hiervan ontleed.

Van die voorleggings wat per hand afgelewer is, is 1 031 reeds geskandeer om dit elektronies beskikbaar te stel.

“As ons voortgaan om alles te skandeer met die beskikbare hulpbronne, gaan dit tot Desember neem.”

Met bykomende hulpbronne, kan dit einde Oktober afgehandel word, luidens die voorlegging.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.