Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Eskom ‘gaan dwerg wees teenoor die NGV’

Die stelsel van Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gaan ’n staatsonderneming skep wat waarskynlik twee keer so groot soos Eskom sal wees.

Die toekoms van die private mediese sektor is onseker gesien die staat se planne vir die Nasionale Gesondheidsversekering. Foto: Pixabay

Michael Settas van die mediese versekeraar KaeloXelus het Woensdag ’n voorlegging by die Vryemarkstigting se kantoor in Bryanston, Johannesburg, aangebied oor die vooruitsigte van die NGV.

“Die voorstel is basies om die hele sektor te nasionaliseer. Dit gaan miljarde rande kos en enorme druk op belastingbetalers plaas,” sê hy.

Settas vrees dat individue se persoonlike belastingkoers met sowat ’n derde gaan styg om dié plan te finansier.

Hy is verder bekommerd oor die departement, waar korrupsie reeds ’n probleem is, se vermoë om so ’n enorme diens te lewer.

“Daar is steeds geen tegniese ontleding gedoen om te bepaal of die plan werkbaar is nie. Dit is baie kommerwekkend.

“Daar is ook grondwetlike kwessies om te oorweeg. Het die staat die reg om mense te keer om private mediese dienste te gebruik?” vra hy.

Duur hospitale

Dr. Johann Serfontein, senior konsultant by Healthman, ’n gesondheidsorg-konsultasiediens, het in sy voorlegging gefokus op die bevindinge van die markondersoek na private gesondheidsorg.

“Die staat se voorstel dat ’n hospitaalgroep nie ’n groter markaandeel as 20% mag hê nie, beteken pasiënte gaan méér vir hospitalisasie betaal, nie minder nie.

“Hospitale maak juis daarop staat dat hulle dienste op groot skaal kan lewer. As hul markaandeel beperk word, gaan hul dienste noodwendig duurder word,” sê hy.

Die staat se voorstel dat ’n hospitaalgroep nie ’n groter markaandeel as 20% mag hê nie, beteken pasiënte gaan méér vir hospitalisasie betaal, nie minder nie.
Dr. Johann Serfontein van Healthman

Die vraag is ook: As hy dit regkry om markaandeel in een sektor te beperk gaan die staat dit in ander sektore ook wil doen?

Die markondersoek het bevind die gesamentlike markaandeel van die drie nasionale hospitaalgroepe beloop 83% van die beddens en 90% van die opnames. Dit word as “hoogs gekonsentreerd” ingevolge internasionaal aanvaarde kriteria beskou.

Die markondersoekspan het voorleggings oor dié opsies gevra.

Belanghebbendes het tot 7 September kans om daarop kommentaar te lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.