Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Fikses boos oor agterstand met Vitality-punte
drawwer, oefening
Discovery se Vitality is duurder as in 2019. Foto: Pixabay

Nee, jy het darem nie die afgelope paar dae verniet in die gimnasium gesweet nie.

Discovery het bevestig daar is ’n agterstand met die toekenning van Vitality-punte sedert minstens Vrydag.

Lede van Discovery se Vitality ontvang tot 300 punte vir elke oefensessie van meer as ’n halfuur wat hulle voltooi, mits hul hartklop darem ook genoeg opgejaag word.

Dié punte beïnvloed jou Vitality-vlak en uiteindelik hoeveel afslag jy op sekere produkte en dienste kan kry. Dit beïnvloed ook die weeklikse belonings wat jy kan verdien as jy die vereiste vlak, vir die meeste mense 900 punte, verwerf.

Vanselfsprekend is talle lede boos omdat hulle nie die afgelope paar dae punte ná ’n taai oefensessie ontvang het nie.

Discovery sê hy is besig om tegniese kwessies met die toekenning van die punte op te los, en dat dit eersdaags sal reflekteer.

Vitality-lede sal dus nie punte verloor vir oefensessies wat reeds plaasgevind het nie.

Discovery het kort voordat die probleme met die toekenning van punte begin het, na ’n heeltemal nuwe puntestelsel oorgeskakel.

Vanaf 15 Januarie verdien lede nie meer Vitality Rewards-punte nie, maar wel Discovery-myle.

Dié omskakeling het ook met die verwagte draadwerk gepaardgegaan met lede wat op Twitter en ander sosiale platforms kla dat hulle punte verloor het en dat die hele proses ’n klug is.

Een Vitality Rewards-punt is vir ses Discovery-myle verruil.

Tog is die aantal myle wat benodig word vir dieselfde produkte tien keer meer.

Waar ’n geskenkbewys van R100 vir ’n ete by Kauai 100 Vitality Rewards-punte benodig het, benodig lede nou 1 000 myle, nie 600 nie.

Lede wat dus voor die omskakeling van Vitality Rewards na myle nog 100 punte oorgehad het – en dus ’n maaltyd by Kauai daarmee sou kon koop, kon dit nie na die tyd doen nie, omdat hulle net 600 myle vir hul 100 punte ontvang het.

Discovery het wel nie pertinent gesê of die omskakeling van Vitality Rewards-punte na myle met die jongste probleme met die toekenning van punte vir oefening verband hou nie.

  • Teen Dinsdagmiddag 16:00 was die punte so ver vasgestel kan word bygewerk tot en met Sondag 19 Januarie. 
Meer oor:  Vitality  |  Discovery  |  App  |  Oefening  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.