Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
‘Fopnuus’ dat NGV-wetsproses opgeskort is

Die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid ontken die proses met die wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is opgeskort.

Die regte Neil Kirby is ’n direkteur van Werksmans.

Dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die komitee, sê in ’n verklaring hy is bekommerd oor ’n brief wat die ronde doen waarin aangedui word die komitee het die proses om die wetsontwerp te behartig, opgeskort hangende advies van die staatsregsadviseur oor die grondwetlikheid daarvan.

Volgens hom is die brief van ’n persoon “met die naam Neil Kirby, wat beweer dat hy ’n prokureursfirma verteenwoordig, maar wat nie bekend is aan die departement van gesondheid nie en wat ook nie die komitee verteenwoordig nie”.

Daar is egter werklik ’n persoon met die naam Neil Kirby. Hy is ’n direkteur vir Werksmans en is ’n kundige op gesondheidswetgewing.

Kirby het by navraag gesê hy verkies onder die omstandighede om nie kommentaar te lewer nie.

Dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid, toe hy nog die LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal was.

Dhlomo sê die komitee wil hom distansieer van die uitsprake en wil die publiek verseker die proses van die NGV-wetsontwerp gaan voort.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gaan Donderdag ’n voorlegging oor die wetsontwerp aan die komitee doen.

“Daarna gaan die parlementêre proses begin, wat ’n openbare konsultasieproses insluit.”

Volgens Dhlomo sal dit binnekort bekend gemaak word op watter plekke en provinsies openbare sittings gehou sal word. Daar word nog daaroor gekonsulteer.

“Die departement het aangedui baie konsultasies met regsadviseurs het plaasgevind in die opstel van die wetsontwerp,” sê Dhlomo.

LEES OOK: NGV: Regsmening ís ingewin, sê minister

“Ek het een van die staatsregsadviseurs ontmoet hieroor en is gemaklik met sy advies.

“Ek wil daarom net herhaal daar is geen persoon met die naam van Neil Kirby wat ’n woordvoerder vir die komitee is nie. Alle amptelike verklarings van die komitee, insluitende oor die NGV-wetsontwerp, word net deur die voorsitter uitgereik. Dit is fopnuus dat die NGV-proses opgeskort is.”

Dhlomo was vir tien jaar die LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal.

LEES OOK: LUR vir gesondheid in KZN ‘het bloed op sy hande’

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.