Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Geld vir NGV-projekte nie wanbestee, paai staat

Gemengde sukses is behaal met loodsprojekte vir die nasionale gesondheidsversekeringsplan (NGV) wat in 11 streke plaasgevind het, maar dit sal die staat nie ontmoedig om met die NGV voort te gaan nie.

Só het dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, vandeesweek aan die media gesê oor die bevindinge in ’n verslag oor die loodsprojekte wat in 2012 begin is.

Breedweg is die projekte gerig daarop om infrastruktuur, dienslewering en stelsels te verbeter.

Mkhize het gesê die verslag toon “suksesse en swakplekke” met die projekte.

Projekte wat op die proef gestel is, sluit in:

1. Streekspanne van spesialiste: ’n Span wat ’n huisdokter, ginekoloog, pediater, narkotiseur, vroedvrou en verpleegster insluit wat deur ’n streek aangestel word om die gesondheid van moeders en kinders te verbeter.

2. Gesondheidsorgspanne wat in munisipale wyke uitreiking doen om mense oor hul gesondheid op te voed en diegene wat sorg benodig, na klinieke te verwys.

3. Skolegesondheidsdienste: Dié spanne verskaf primêre gesondheidsorg, tandheelkunde en optometrie aan skole.

4. Die verbetering van toegang tot medisyne, soos ’n stelsel om voorraad dop te hou en medisyne by plekke wat nader aan pasiënte is, af te lewer.

5. Die opknapping en verbetering van klinieke.

6. ’n Ontleding van personeelbehoeftes.

7. Die verbetering van die bestuur van hospitale en klinieke.

8. Die registrasie van pasiënte op die nasionale gesondheidsorgregister.

9. Die kontraktering van algemene praktisyns.

“Wat ook al die swakplekke is, dit moet reggestel word omdat ons die gehalte in die openbare gesondheidsorgsektor moet verbeter tot op ’n punt dat dit aanvaarbaar is, en daar nie ’n verskil tussen die private en openbare sektor is nie,” het hy op ’n konferensie van die Raad van Gesondheidsfinansiers (BHF) gesê.

Hy het daarna op ’n mediakonferensie gesê die lesse wat uit die proses geleer word, sal leiding gee oor hoe om voort te gaan.

Mkhize sê die besluit om die NGV in te stel, is in beginsel geneem en die loodsprojekte handel oor taktiese besluite oor hoe om daarmee voort te gaan.

“As iets nie werk nie, sal iets anders probeer word. Nieteenstaande gaan ons voort daarmee.”

Business Day het daarna berig die verslag toon die loodsprojekte van R4,9 miljard is opgestel met geen duidelike raamwerk vir die monitering en evaluering daarvan nie, wat dit feitlik onmoontlik maak om te bepaal wat die uitwerking daarvan was en of die regering ’n opbrengs op sy belegging gekry het.

Dr. Anban Pillay, adjunk- direkteur-generaal van die NGV in die nasionale departement van gesondheid, het Woensdag by die BHF-konferensie ontken die geld is wanbestee.

“Die geld wat vir die NGV gegee word, word deur die oudit-generaal geoudit op ’n manier “wat baie strenger is as by private maatskappye”.

“Daar is ongekwalifiseerde oudits op almal. Daar is partye wat aan die hand doen dat die geld onreëlmatig gebruik is, maar dit is nie waar nie.”

Pillay het gesê die elf streke is gekies om verskeie inisiatiewe te toets om die gesondheidstelsel te versterk.

Volgens hom is dit deel van die eerste fase van die NGV.

Watter distrikte is vir die projekte gekies?
  • Gauteng: Tshwane

  • Oos-Kaap: O.R. Tambo
  • Limpopo: Vhembe
  • Noord-Kaap: Pixley
  • Wes-Kaap: Eden
  • Noordwes: Dr. Keneth Kaunda
  • Vrystaat: Thabo Mofutsanyane
  • Mpumalanga: Gert Sibande
  • KwaZulu-Natal: uMzinyathi; uMgungundlovu en Amajuba.

“Die eerste fase handel spesifiek daaroor om die openbare sektor te verbeter. Die projekte was dus nie NGV-projekte nie, dit was projekte om die openbare sektor te versterk.”

Ook Pillay het gesê daar was projekte wat nie so goed gevaar het soos dit moes nie. “Maar dit was die doel daarvan, om te verstaan of dit werk of nie. As dit nie so goed gevaar het nie, is dit nie uitgebrei nie.”

Volgens hom is projekte soos die gedesentraliseerde reseptering en verspreiding van chroniese medisyne uitgebrei.

Die projek oor die personeelbehoeftes is nie uitgebrei nie “omdat die finansiële vereiste daarvoor duidelik baie groter was as die geld wat beskikbaar was.”

Pillay het gesê dit is wat die skrywers van die verslag se bedoeling was. “Ons sal dit duideliker maak en opklaar, maar was geen mislukking soos wat mense sê nie.”

Mkhize hou Vrydag ’n mediakonferensie oor die verslag se bevindinge.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.