Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Gems: Mediese fondse móét vereenvoudig

Suid-Afrika is ’n nasie van hoop, veral wanneer dit by mediese dekking kom.

“Hulle koop ’n produk en hulle hoop hulle het dekking. Hulle hoop dat, sou hulle in die hospitaal beland, hul mediese fonds sal betaal.”

Gems bied vier opsies aan sy lede, waarvan Sapphire die basiese opsie is. Sapphire word dalk in 2020 vervang.

Dis dr. Stan Moloabi, bedryfshoof van die mediese fonds vir staatsamptenare (Gems), se ervaring wanneer dit by private mediese fondse kom.

“Ek stem heeltemal saam met die finale verslag van die markondersoek na die private gesondheidsbedryf, wat sê mediesefondslede moet uit heeltemal te veel opsies kies.”

Moloabi het sy kommentaar op dié verslag, wat Maandag ná vyf jaar se insette en ontledings uitgereik is, met Netwerk24 gedeel tydens Gems se jaarlikse seminaar in Durban.

Die verslag stel voor dat die “vreesaanjaende” getal opsies waaruit mediesefondslede moet kies, tot een standaardopsie verander word.

LEES OOK: Mediese fondse ‘moet identiese verpligte opsie hê’

Daarna kan mediese fondse aanvullende voordelepakkette aanbied wat lede se spesifieke behoeftes dek, maar hulle sal dit net mag bied aan lede wat reeds die standaardopsie het.

Moloabi sê Gems het reeds besef dat opsies eenvoudig moet bly en dat ’n basiese opsie geskep moet word wat dalk die eerste stap in dieselfde rigting kan wees as die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering.

Gems bied vier opsies aan sy lede, waarvan Sapphire die basiese opsie is.

Hy wou nie veel meer sê nie, maar wel dat Gems se basiese opsie in 2020 deur ’n nuwe opsie met ’n nuwe naam vervang gaan word. Meer inligting sal binnekort bekend gemaak word.

Oor die koste van gesondheidsorg sê Moloabi hy hoop die aanbevelings in die verslag sal wel toegepas word en dat dit tot ’n verlaging van mediese koste sal lei.

“Daar is groot hoop dat die koste van gesondheidsorg sal daal.”

Oor wat staatsamptenare in 2020 vir Gems gaan betaal, wou Moloabi nie besonderhede gee nie.

“Ons het wel klaar op ’n verhoging besluit en dit aan die Raad op Mediese Skemas voorgelê. Ons wag nog vir finale goedkeuring hiervan,” sê hy.

“Hoewel ek nie kan sê wat die verhoging gaan wees nie, kan ek wel sê dat dit minder gaan wees as dié van ander fondse s’n.”

Van die mediese fondse wat reeds verhogings aangekondig het, is Discovery Health Medical Scheme, Bonitas, Fedhealth, Health Squared, Momentum Health en Sizwe.

Volgens Alexander Forbes Health is die gemiddelde verhoging van al die mediese fondse 9,1%.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.