Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Gems verloor saak oor rassisme-verslag

Die tussentydse verslag oor rassisme in die mediesefondsbedryf word Dinsdagoggend uitgereik nadat die mediese skema vir staatsamptenare (Gems) sy dringende aansoek om ’n interdik verloor het.

Die verslag oor beweerde rassisme deur mediese fondse mag nou uitgereik word.

Gems en die Raad vir Gesondheidsfinansiers (BHF) wou die uitreiking van die tussentydse verslag keer totdat hulle insae daarin kon kry en daarop kon reageer.

Die verslag van meer as 300 bladsye gaan op die Raad van Mediese Skemas (RMS) se webtuiste beskikbaar gestel word en ’n opsomming van tien bladsye is Dinsdag reeds aan die media uitgereik.

Gems en BHF het Sondag hul dringende aansoek ingedien teen die uitreiking van die verslag.

Dié verslag spruit uit ’n ondersoek wat in Julie 2019 begin is om te bepaal of art. 59 van die Wet op Mediese Skemas korrek toegepas word deur mediese fondse om betalings van mediese praktisyns te weerhou. Die ondersoekspan moes bepaal of aantygings van rassisme in die toepassing van die artikel grondig is.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi SC, voorsitter van die ondersoekspan, sou Sondag die voorlopige verslag op ’n mediakonferensie bekend stel, en die verslag daarna uitgereik het.

Die ondersoek kom ná openbare aantygings van die Nasionale Vereniging van Beroepslui in die Gesondheidsorgbedryf (NHCPA) en die organisasie Solutionist Thinkers dat daar teen hulle gediskrimineer word deur mediese fondse en administrateurs omdat hul eise op grond van ras en etnisiteit nie betaal word nie.

  • Hou Netwerk24 dop vir die bevindings van die verslag.
Meer oor:  Gems  |  Gesondheidsorg  |  Rassisme  |  Bedrog  |  Mediese Fondse  |  Private Gesondheidsorg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.