Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
‘Genees siek gesondheidsorg voordat dit te laat is’

’n Gepraat gaan nie die siek gesondheidsorgstelsel in Suid-Afrika genees nie, sê die waghondorganisasie Section 27.

Section 27 is 'n waghondorganisasie gemik op die bevordering van sosiale geregtigheid in Suid-Afrika.

Pleks daarvan om te fokus op die plan met Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), moet pres. Cyril Ramaphosa eerder fokus op die herstel van die bestaande gesondheidsorgstelsel, sê Section 27 in sy wenslysie van wat hy in die staatsrede wil hoor.

“Pres. Ramaphosa het gesondheid geïdentifiseer as ’n fokusarea vir sy regering. Dit moet verwelkom word, maar die fokus moet nie net wees om ’n wetsontwerp oor die NGV aanvaar te kry nie.

“Dit verg begrotings en planne en die inwerkingstelling van die planne om ons gesondheidsorgstelsel te herstel voordat onherstelbare skade aangerig is.”

Section 27 sê die NGV word al jare bespreek en word met elke nuwe weergawe van die beleid al hoe minder lewensvatbaar.

“Ons bly in die duister oor die status van die wetsontwerp (oor die NGV) op die oomblik, want daar is taakspanne wat aan aspekte van die hervorming van die gesondheidsorgstelsel werk wat nog nooit openbaar gemaak is nie.”

Terselfdertyd word die markondersoek oor die koste van private gesondheidsorg weens ’n geldtekort vertraag.

Hierdie vertragings en ondeursigtigheid is nog meer rampspoedig vir ’n gesondheidsorgstelsel wat in ’n krisis verkeer.
Section 27

“Dit is verbruikers wat ly weens die vertragings en die gebrek aan deursigtigheid.

“Ons vra vir deursigtigheid en dringendheid in die hervorming van die gesondheidsorgstelsel.”

Section 27 meen daar word “gefikseer” op die afhandeling van die wetsontwerp. “Maar die NGV-wetsontwerp sê baie min oor gehalte en lê in stede klem op die daarstelling van ’n fonds en verskeie nasionale en plaaslike strukture.

“Hierdie vertragings en ondeursigtigheid is nog meer rampspoedig vir ’n gesondheidsorgstelsel wat in ’n krisis verkeer.”

Die krisis word gesien in die feit dat net vyf van die 696 openbare gesondheidsorggeriewe aan die minimum vereistes voldoen ingevolge die Kantoor vir Gesondheidstandaarde, en in pasiënte van die private sektor wat na staatsorg oorskuif omdat die koste net bly styg vir dienste waarvan die gehalte onseker is, sê Section 27.

“Ons vra vir ware optrede om die gesondheidsorgstelsel reg te ruk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2394,23 (1265)
  • Top 40 48646,95 (48858)
  • All Share 54386,3 (51178)
  • Resource 10 43269,02 (89464)
  • Financial and Industrial 30 73280,23 (45906)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.