Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Waghond oor mediese fondse gekap oor turfoorlog
Medies
Ter illustrasie

Een van die groot makelaarsfirmas in die mediesefondsbedryf, Alexander Forbes Health, het die nuwe wetsontwerp wat die gedrag van finansiële instellings gaan reguleer (Cofi), verwelkom.

Butsi Tladi, besturende direkteur van Alexander Forbes Health, sê in ’n verklaring dit is hoog tyd dat daar ’n enkele reguleerder kom vir mediese fondse en makelaars wat in die bedryf werksaam is.

Sy sê “gesonde samewerking eerder as ’n bakleiery” is nodig oor die Cofi-wetsontwerp.

Dit kom nadat die Raad op Mediese Skemas (RMS) in ’n verklaring sy teleurstelling, irritasie en kommer oor die wetsontwerp uitgespreek het omdat die Cofi-wetsontwerp kernfunksies van hom af gaan wegneem.

Lees ook: Waghond oor mediese fondse bang wet trek sy tande

Die nasionale tesourie het die wetsontwerp in Desember vir kommentaar uitgereik. Dit is die volgende fase van die hervorming van wetgewing wat daarop gerig is om die finansiëledienstesektor se kliëntediens te verbeter.

Die wetsontwerp volg op die Wet op die Finansiële Sektor Regulasies wat twee nuwe owerhede tot stand gebring het – die Gedragsowerheid oor die Finansiële Sektor (FSCA) en ’n nuwe owerheid in die Reserwebank wat toesig oor die finansiële gesondheid van banke en versekeraars hou.

Die twee nuwe owerhede skei die beheer oor die gedrag van finansiële instellings van die finansiële gesondheid van die instellings.

Albei die reguleerders het op 1 April 2018 ontstaan.

Die Cofi-wetsontwerp beoog om billiker behandeling van verbruikers mee te bring.

Tladi sê die partye “wat betrokke is in die gesondheidsorgsektor beywer hulle al lankal vir ’n enkele reguleerder”.

Sy sê die tweeledige beheer oor spelers in die versekeringsbedryf en die gesondheidsbedryf veroorsaak “regulatoriese arbitrage” wat nie maksimum beskerming vir verbruikers bevorder nie. Regulatoriese arbitrage word onder meer deur Investopedia en die Business Dictionary omskryf as ’n praktyk waar ondernemings van skuiwergate gebruik maak vir geleenthede, of om wetgewing wat hul winsgewendheid benadeel, te omseil.

Die Vereniging vir Finansiële Tussengangers (FIA) het in sy voorlegging aan die mededingingskommissie se markondersoek oor die private gesondheidsektor hard gepleit vir ’n einde aan die tweeledige beheer oor die bedryf.

Die tweeledige beheer van spelers in die mediesefondsbedryf is nie ideaal nie en veroorsaak konflik.
Butsi Tladi

“Die tweeledige beheer van spelers in die mediesefondsbedryf is nie ideaal nie en veroorsaak konflik.”

Tladi sê die wetsontwerp beoog om kernfunksies van die RMS te verwyder en na die FSCA te skuif.

Mediese fondse is ’n “vorm van versekering” en die RMS erken dit in sy voorlegging oor die wetsontwerp.

“Groter belyning is in belang van die bedryf. As gevolg van die uiteenlopende aard van versekeringsprodukte, insluitende gesondheidsversekeringsprodukte, moet die FSCA die nodige vaardighede ontwikkel om hierdie dinamiese bedryf te reguleer.”

Volgens haar is dit duidelik dat die FSCA se vermoë om die markgedrag van finansiële instellings te beheer, baie meer gevorderd is.

Sy sê die RMS verwys reeds nienakoming wat met gedrag te doen het na die FSCA vir oorweging.

“Deur middel van verwante wetgewing soos die Wet op Finansiële Advies en Tussengangerdienste (FAIS) het die FSCA getoon hy is veel beter in staat om moontlike belangebotsing te bestuur wat kan ontstaan in die verskaffing van onafhanklike advies aan verbruikers.”

Sy meen die wetsontwerp se benadering is verfrissend omdat dit onder meer die voorneme van die wet uiteensit, in stede van reëls wat nagekom moet word.

Sy meen selfs as ’n meer geskikte entiteit gekies is om aan die spits te staan van die staat se poging met Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sou groter vordering reeds daarmee gemaak gewees het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.