Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Grondwethofsaak kan kom oor mediese skemas
Kommer bestaan oor die staat se plan om 'n belastingvoordeel vir lede van mediese skemas weg te neem om die NGV te befonds voor die stelsel behoorlik opgerig is.

Dit is nie so eenvoudig soos dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gedink het om verbruikers se belastingkrediete vir mediese skemas weg te neem nie.

Die finale beleidsdokument oor die nasionale gesondheidsversekering (NGV) het vroeër die jaar aangedui belastingkrediete gaan tydens die inwerkingstelling van die plan heroorweeg word. Die idee is om dié geld te gebruik om die NGV gedeeltelik te befonds.

Mediese belastingkrediete help om lede se premies elke maand te verminder.

Dr. Johann Serfontein, ’n lid van die Vryemarkstigting se gesondheidsbeleidseenheid, sê om belastingkrediete weg te neem, mag na ’n maklike opsie klink, maar dit het ernstige implikasies.

Serfontein verwys na die opskudding wat die navorsing van die konsultante Econex onlangs veroorsaak het. Dit toon 1,9 miljoen lede gaan nie medies kan bekostig as die belastingkrediete weggeneem word nie.

Netwerk24 se lesers het ook baie te sê gehad daaroor.

As lede nie meer hul mediese skemas se premies kan bekostig nie, gaan hulle die staatssektor moet gebruik.

Dr. Johann Serfontein, ’n lid van die Vryemarkstigting se gesondheidsbeleidseenheid. Hy werk ook vir die konsultantgroep HealthMan.

“Dit lyk nie asof dit die minister bekommer dat daar meer druk op die reeds oorlaaide openbare gesondheidsorg gaan wees nie,” sê hy.

Serfontein sê die groot kommer oor die kansellasie van die belastingkrediete is die potensiële grondwetlike implikasies daarvan.

’n Deel van die 1,9 miljoen mense wat nie meer hul bydraes tot skemas gaan kan bekostig nie, verdien te veel om van die dienste in die staatssektor gebruik te maak.

Hy sê die drempel vir diegene wat tans in die staatsektor afslag mag kry vir behandeling of gratis dienste gaan tot R350 000 verhoog word.

Daarbenewens moet mense uit hul eie sak opdok vir die gesondheidsdienste wat die staatsdiens lewer.

Hy glo selfs staatshospitale sal onbekostigbaar wees vir mense om uit hul eie sak te betaal.

Serfontein meen as die NGV-stelsel nog nie ingestel is nie en belastingkrediete word weggeneem, gaan dit moeilik wees om die konstitusionele hof te oortuig dat die reg op toegang tot gesondheidsorg nie op onbillike wyse beperk word nie.

Hy sê die Wêreldgesondheidsorganisasie se beginsels oor universele gesondheidsdekking (waarop die NGV gegrond is) bepaal ’n bekostigbare mandjie van basiese dienste moet aan almal verskaf kan word.

“Suid-Afrika kan nie die NGV-weergawe van omvattende gratis dekking vir almal in die huidige ekonomiese omgewing bekostig nie.

“Indien ekonomiese druk veroorsaak dat ’n mandjie van gratis basiese dienste deur die NGV aangebied word, watter struktuur is daar om meer komplekse dienste te finansier?”

“Met die buitensporige werkloosheid en armoede in Suid-Afrika, is daar min mense wat kan bekostig om vir enige bykomende medieseskemadekking te betaal wat buite die basiese voordelepakket is.

“Dit is ’n befondsingsgaping wat aandag moet kry.

“Onder die NGV is die idee dat mediese skemas aanvullende dienste moet dek, maar wat van die nagenoeg 50 miljoen mense wat nie mediese skemas daarvoor sal kan bekostig nie?”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1331,99 (255)
  • Top 40 51600,66 (7514)
  • All Share 57948,66 (5183)
  • Resource 10 36133,4 (16161)
  • Financial and Industrial 30 82082,9 (10236)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.