Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Hier is die 20 beste hospitale in SA

Vyf nuwe hospitale is vanjaar onder die top 20 beste hospitale in die land volgens die verslag wat Discovery Health uitreik.

Busamed Hillcrest- private hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal) is reeds vyf jaar op die lys van 20 beste hospitale.

Discovery Health het in 2014 die eerste keer die resultate van ’n peiling uitgereik wat lede van die mediese fondse wat hy administreer, invul nadat hulle uit ’n hospitaal ontslaan is.

Die jongste resultate is gegrond op die vorms wat van 53 000 pasiënte ontvang is wat in 202 hospitale opgeneem is.

Hier is die lys van 20 beste hospitale, in alfabetiese volgorde en opgedeel in hoeveel jaar hulle al op die lys is.

Vyf van die hospitale is al vyf jaar op die lys.

private hospitale

Verlede jaar is berig oor sewe hospitale wat reeds vier jaar op die lys is. Die twee wat intussen van die lys afgeval het wat vier jaar op die lys was, is Mediclinic Milnerton van Kaapstad en Wilmed Park- private hospitaal van Klerksdorp.

Dié uitslae van die peiling het in die verlede baie vrae by lesers uitgelok.

LEES OOK: Discovery reageer op vrae oor hospitale-peiling

Verbetering gesien

Volgens dr. Roshini Moodley Naidoo, hoof van die gehalte van sorg by Discovery Health, het 19% van die lede wat gevra is om deel te neem verlede jaar die vorms ingevul. Vergeleke daarmee het 14% in 2014 deelgeneem.

Naidoo sê die idee met die peilings is om ’n verandering by hospitale te bewerkstellig. Sy sê die resultate van 2018 toon ’n verbetering in vyf van die agt kategorieë waarin die vrae van die peiling verdeel is, terwyl die ander kategorieë ’n effense verswakking toon.

Hierop fokus peiling

Die peiling fokus onder meer op:

  • Hoe goed die verpleërs met pasiënte kommunikeer.
  • Hoe goed dokters met pasiënte kommunikeer.
  • Of die hospitaalomgewing geskik is vir die behoeftes van die pasiënt, soos onder meer of geraas tot die minimum beperk word.
  • Hoe goed pyn bestuur word.
  • Hoe duidelik inligting oor die medikasie met die pasiënte gedeel word.
  • Hoe goed ’n pasiënt voorberei word vir ontslag, soos of daar inligting aan die persoon gegee word oor watter simptome daarop dui of ’n dokter weer gesien moet word.
  • ’n Algehele evaluering van die hospitaal insluitende of die pasiënt die hospitaal weer aan iemand sal aanbeveel.

Volgens haar het die peiling en die openbaring van die resultate net soos internasionaal gesien is ’n positiewe impak.

Naidoo sê sedert 2014 het die gemiddelde telling wat aan hospitale gegee word met 19% verbeter. “Dit toon duidelik hospitale begin om toenemend aan pasiënte se verwagtinge oor sorg te voldoen.”

Die kategorieë waaroor deelnemers die meeste besorg is, sluit in hoe verpleërs met pasiënte kommunikeer, inligting oor medisyne en die bestuur van pyn. Al drie die kategorieë het in 2018 hoër tellings gekry.

“Ons glo die peiling het ’n positiewe impak wat verder strek as die sorg binne die hospitaal. Pasiënte wat goed voorbereid is op hul ontslag uit die hospitaal herstel beter en het ’n kleiner kans om weer opgeneem te word. Dit is belangrik want herhaalde opnames word internasionaal beskou as ’n waarskuwingsteken dat daar ’n probleem met sorg is.”

Dokters kry die hoogste telling van al die kategorieë.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2381,58 (472)
  • Top 40 48158,37 (4141)
  • All Share 53874,52 (3359)
  • Resource 10 42374,38 (-13158)
  • Financial and Industrial 30 72821,17 (16551)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.