Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Hier is Discovery se hoogste hospitaal-rekening

210 jaar.

Dit is hoe lank dit die Discovery-lid wat die afgelope jaar die grootste hospitaaleis by die fonds ingedien het, sal neem om met sy premies dié enkele eis te dek.

Die grootste enkele eis vir hospitaalopname wat die Discovery Health Medical Scheme (DHMS) in die boekjaar tot einde September 2018 ontvang het, was vir ’n 68-jarige wat vir 182 dae in die hospitaal was weens ’n infeksie.

Die eis het R5,5 miljoen beloop. Sien ook die ander grootste eise hieronder.

DHMS sê in sy jongste eiseverslag R1,1 miljard is opgedok aan die eise vir hospitaalopnames van die 500 siekste gesinne.

DHMS het in die tydperk altesaam R58,4 miljard se eise uitbetaal. Byna die helfte hiervan – R28,9 miljard – is uitbetaal vir behandeling in hospitale.

Hospitaalopnames in syfers vir die tydperk:

  • 671 016 opnames het plaasgevind.
  • Dit was teen ’n gemiddelde koste van R43 057 per opname.
  • 455 550 van die lede is in die hospitaal opgeneem.
  • 835 lede van die fonds het hospitaaleise van meer as R1 miljoen elk ingedien.
  • Die totale getal dae wat in die hospitaal deurgebring is, was 2,4 miljoen.

Uit elke R100 wat die fonds betaal vir ’n eis vir ’n hospitaalopname word R62,70 aan die hospitaal self betaal.

Nog R17,80 word aan spesialiste betaal. Die res is vir patologie, radiologie en ander dienste.

Die toptien- grootste hospitaaleise was:

  • R5,5 miljoen vir die 182 dae wat ’n 68-jarige in die hospitaal bestee het weens ’n infeksie.
  • R5,5 miljoen vir die langtermyngebruik van ’n ventilator vir ’n 48-jarige wat ’n kardiovaskulêre toestand gehad het. Dit was vir 55 dae.
  • R4,9 miljoen vir die langtermyngebruik van ’n ventilator vir ’n 78-jarige met ’n gastro-intestinaal-verwante toestand (215 dae).
  • R4,9 miljoen vir ’n infeksie waarvoor ’n 61-jarige opgeneem is (79 dae).
  • R4,8 miljoen vir ’n infeksie waarvoor ’n 58-jarige opgeneem is (189 dae).
  • R4,8 miljoen vir ’n respiratories-verwante opname van ’n 54-jarige (169 dae).
  • R4,6 miljoen vir ’n neurologies-verwante opname van ’n 38-jarige (203 dae).
  • R4,4 miljoen vir trauma waarvoor ’n 54-jarige behandel is (118 dae).
  • R4,3 miljoen vir die langtermyngebruik van ’n ventilator vir ’n 69-jarige wat met ’n respiratoriese toestand verband hou.
  • R4,2 miljoen vir die langtermyngebruik van ’n ventilator vir ’n 30-jarige met ’n respiratoriese toestand.

Skerp styging in dag-tot-dag-eise

Altesame R21,4 miljard is vir dag-tot-dag-eise (wat hospitaalopnames, behandeling vir kanker en chroniese siektes uitsluit) opgedok.

Dit sluit in eise vir algemene praktisyns, spesialiste en medisyne.

Hoewel dit nie regstreeks vergelykbaar is met die vorige Healthcare Claims Tracker-verslag nie omdat dié een vir die jaar tot einde Maart 2018 was, verteenwoordig dit ’n styging van 22% vergeleke met die R17,5 miljard in die vorige tydperk.

’n Navraag is aan DHMS gerig oor die redes hiervoor, omdat sy getal lede die afgelope jaar met net 3,7% gestyg het. Die kommentaar sal bygewerk word sodra dit gekry is.

Meer statistieke oor dag-tot-dag-eise:

  • Lede het 6,8 miljoen keer ’n algemene praktisyn besoek.
  • 2,2 miljoen besoeke is aan spesialiste afgelê.
  • Die besoeke aan aanvullende gesondheidsdienste (soos biokinetikus, fisioterapeute, chiropraktisyns) het 4,3 miljoen beloop.
  • Altesaam 24,8 miljoen voorskrifte is berei (vergeleke met 21,4 miljoen in die jaar tot einde Maart 2018). Dit is ’n styging van byna 16%.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2579,48 (5818)
  • Top 40 48247,95 (-18709)
  • All Share 53995,82 (-19210)
  • Resource 10 42465,54 (-4274)
  • Financial and Industrial 30 73008,97 (-35550)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.