Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Hoe NGV gefinansier moet word, nog nie bepaal
dokter
Baie Suid-Afrikaners is aangewese op 'n staatskliniek omdat hulle nie 'n mediese fonds het nie. Foto: Unsplash

Die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gaan binne die komende paar weke in die parlement ter tafel gelê word.

Die kabinet het onlangs die wetsontwerp goedgekeur.

Volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, moet die staatsprokureurs nou die wetsontwerp goedkeur voordat dit in die Nasionale Raad van Provinsies voorgelê word. Daarna gaan dit parlement toe. “Dit sal na verwagting binne die volgende paar weke wees.”

Mkhize het op ’n mediakonferensie wat by ’n konferensie van die Raad van Gesondheidsfinansiers (BHF) plaasgevind het, ook gesê die tesourie is besig om die verslag oor die finansiering van NGV af te handel.

Daar word al lank op dié dokumente gewag omdat daar baie kritiek en vrae is oor wat die koste van NGV vir die land gaan wees en wie daarvoor gaan opdok.

Mkhize het nie gesê wanneer die tesourie se dokument afgehandel gaan word en of dit gaan wees vóórdat die wetsontwerp parlement toe gaan nie.

Hy het herhaal wat onlangs aan die media gesê is, naamlik dat tesourie beraam teen 2030 gaan die bykomende geld wat vir NGV nodig is, tot R30 miljard styg.

Hy het gesê die NGV se finansiering gaan kom van die algemene belasting wat betaal word en verpligte premies vir addisionele inkomsteskepping, van bronne wat geïdentifiseer gaan word.

Die geld gaan in ’n openbare fonds geadministreer word wat dienste gaan aankoop van sowel die private as openbare sektor. Die fonds gaan bybetalings vir gesondheidsdienste iets van die verlede maak, volgens hom.

Hy het gesê baie van die geld wat nodig is om die stelsel in werking te stel, is reeds in die begroting. Byvoorbeeld gaan die implementeringseenheid wat binne die nasionale departement van gesondheid geskep word, geld gebruik wat reeds in die begroting is.

“Van die werk wat vir NGV nodig is, is reeds deel van die program, dit is net ’n kwessie van dinge hernoem en rondskuif.”

Die geld vir ander programme, soos om gehalte te verbeter en vir die kantoor van gesondheidstandaarde, is ook reeds in die begroting, asook vir die skep van die NGV-fonds, die personeel wat gekry moet word daarvoor en die stelsels wat ingestel moet word. “Daar is nie nuwe bykomende koste nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.