Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Hoor in jou taal oor NGV, uit die perd se bek
NGV gaan die rol van mediese fondse verander.

Die departement van gesondheid het lof ontvang vir die pamflet wat hy in al elf amptelike tale oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) uitgereik het.

Gaan na hierdie skakel as jy die pamflette in die verskillende tale, insluitend in Afrikaans, wil lees.

In die pamflet beantwoord die departement vrae soos:

  • Sal ek meer belasting moet betaal vir NGV?
  • Wat gebeur as ek nie die verwysingsproses wil volg nie of as die kliniek of hospitaal wat ek verkies nie by die NGV aansluit nie?
  • Sal ek nou gratis gesondheidsorg ontvang?
  • Wat sal gebeur met mediese fondse?

Die voorsitter van die parlementêre komitee oor gesondheid, dr. Sibongiseni Dhlomo, het dr. Zweli Mkhize, geloof vir die pamflette wat uitgereik is. Dhlomo het in ’n verklaring gesê dit “help ’n bemagtigende omgewing skep vir die komende openbare sittings oor die NGV-wetsontwerp”.

Volgens Dhlomo het die departement omtrent miljoen van die pamflette laat druk en dit is aan al die provinsies versprei.

Só lui die pamflet oor die invloed van NGV op belasting.

Die wetsontwerp is tans oop vir kommentaar deur individue en belangegroepe tot 11 Oktober.

Die skakel na die wetsontwerp is in hierdie berig: Nuwe NGV-wet: Mediese fondse só beperk

Kommentaar kan onder meer aangestuur word na Vuyokazi Majalamba per e-pos vmajalamba@parliament.gov.za.

Izak Smit, uitvoerende hoof van die versekeraar vir gegradueerdes PPS, het in ’n verklaring lede aangemoedig om kommentaar te lewer.

“Die NGV-raamwerk kan die verreikendste hervorming van die Suid-Afrikaanse gesondheidslandskap in ons beroepslewe wees. Dit is ons plig om ons deel by te dra om te verseker dit is werkbaar en volhoubaar.

“Ons glo alle belangegroepe wat ’n belang in die toekoms van ons land en sy mense het, moet oor die wetgewing in gesprek tree omdat dit ’n diepgaande invloed op die werk van mense in gesondheidsberoepe, veral mediese praktisyns, gaan hê.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.