Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Inenting by jou gim dalk een van die dae hier

Mense moet geduldig wees met die massa-inentingsprogram wat Maandag begin het.

Discovery
’n Inentingsplek is reeds by Discovery se hoofkantoor in Sandton ingerig. Daar is 30 personeellede wat meer as 2 500 entstowwe per dag kan toedien. Foto: Verskaf

Dis een van die grootste operasies wat die land nóg in werking gestel het en daar gaan aanvanklik tandekryprobleme wees, sê Adrian Gore, uitvoerende hoof van die Discovery-groep.

Fase 2 van die inentingsveldtog het Maandag begin, waartydens nog nagenoeg 700 000 gesondheidswerkers ingeënt moet word, en waar mense van ouer as 60 en diegene wat in ouetehuise en aftreeoorde woon, geprioritiseer word.

“Die proses om tot hier te kom, het ongelooflike samewerking tussen die staat en private sektor vereis. Die boustene vir die program is nou grotendeels in plek – die voorraad is bestel, die inentingsplekke van die staat en private sektor is amper heeltemal gereed en die bedryfstelsels is in wese gereed,” sê hy in ’n brief aan kliënte.

Volgens hom sal die pas van inenting aanvanklik matig wees om te verseker dat alles glad verloop, voordat dit sal versnel.

Die land het 60 miljoen dosisse entstof bestel waarvan 31 miljoen van Pfizer-BioNTech is, waarvan twee dosisse nodig is, en 31 miljoen van die Jonnson & Johnson-entstof, waarvan ’n enkele dosis nodig is. Dit is genoeg om meer as 42 miljoen mense – die staat se teiken – in te ent.

“Vanweë die groot vraag na entstowwe wêreldwyd, word die lewering van die dosisse deur die loop van die jaar verwag en dit sal versnel in die derde en vierde kwartaal.”

Hy sê die entstowwe wat reeds hier is, is onderweg na die 87 goedgekeurde inentingsplekke in die land.

Voldoende voorraad is bekom om teen einde Junie 6,5 miljoen dosisse aan mense te lewer.

Hy sê ook die huidige inligting oor aflewerings toon dat daar geen tekort aan voorraad verwag word wat dit nie haalbaar sal maak om dié groepe teen einde Julie te bereik wat bereik moet word nie.

Discovery
Discovery is besig om 20 inentingsplekke in te rig om kliënte en lede van die mediese skemas wat deur hom geadministreer word, by te staan om entstowwe te bekom. Die inentingsplek is in sy hoofkantoor ingerig.
Discovery
Discovery Health gaan 20 inentingsplekke bedryf by Discovery-kantore, Virgin Active-gimnasiums en plekke soos Gallagher Estate in Midrand, Gauteng.
Discovery
’n Inentingsplek is reeds by Discovery se hoofkantoor in Sandton ingerig. Daar is 30 personeellede wat meer as 2 500 entstowwe per dag kan toedien. Foto: Verskaf

Meer as 6 miljoen ouer burgers kom in aanmerking vir entstowwe in fase 2.

Gore sê beduidende kapasiteit is nodig om dié deel van die bevolking vinnig in te ent, veral omdat die Pfizer-BioNTech-entstof twee dosisse per persoon verg.

Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery. Foto: Argief

Die nodige kapasiteit daarvoor sal in die komende paar weke toeneem, wanneer meer lokale in gebruik geneem word.

Die inentingsplekke sal ook in die komende twee weke uitgebrei word en die doel is in Julie en Augustus om 3 000 persele te hê.

Mense van ouer as 60 maak 9% van die bevolking uit, maar het 36% van die opnames in hospitale en 60% van sterftes aan Covid-19 beloop.

Gesondheidswerkers

Fase 1 van die inentingsveldtog, wat as ’n kliniese proeflopie uitgevoer is om gesondheidswerkers in te ent, is op 15 Mei voltooi.

Volgens hom is Discovery besig om 20 inentingsplekke in te rig om kliënte en lede van die mediese skemas wat deur hom geadministreer word, by te staan om entstowwe te bekom.

Die lokale sal deur Discovery Health bedryf word en sluit in Discovery-kantore, Virgin Active-gimnasiums en plekke soos Gallagher Estate in Midrand, Gauteng.

Die lokale sal stelselmatig in werking gestel word, want akkreditasie moet verkry word en dit sal afhang van die verskaffing van entstowwe van die departement van gesondheid.

’n Inentingsplek is reeds by Discovery se hoofkantoor in Sandton ingerig. Daar is 30 personeellede wat meer as 2 500 entstowwe per dag kan toedien.

Jy sal nie jou beursie hoef uit te haal nie, want inentings is gratis vir lede. Die mediese fondse dok daarvoor op.

“Daar sal geen impak op jou mediese spaarrekening of beskikbare voordele wees nie.”

Volgens Gore is 480 000 gesondheidswerkers reeds ingeënt.

Wat moet jy doen as jy ouer as 60 is?

Registreer op die departement se EVDS-webwerf.

Die EVDS sal, gegrond op jou registrasiebesonderhede, ’n unieke nommer aan jou verskaf wanneer dit jou beurt is om ingeënt te word.

Sonder dié bewys kan jy nie ingeënt word nie.

Jy kan ook registreer deur *134*832# te skakel of die woord "Register" te whatsapp na 0600 123456.

Mense ouer as 60 wat op die EVDS geregistreer is, sal teksboodskappe begin ontvang wat aandui wanneer dit hulle beurt is om ’n entstof te kry – die dag, tyd en perseel.

Moenie na ’n perseel gaan voordat jy die inligting per SMS gekry het nie.

Discovery-kliënte word ook gevra om op die Discovery-inentingswebtuiste te registreer. Daardeur sal hulle bykomende inligting kry, maar dit verseker nie ’n inenting nie.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.