Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Kabinet het NGV-wetsontwerp nié afgekeur
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, is baie tevrede met die verloop van beraadslaging in kabinet oor die NGV-wetsontwerp.

Die kabinet het nie die wetsontwerp oor die nasionale gesondheidsversekering (NGV) afgekeur nie, het Popo Maja, woordvoerder van dr. Aaron Motsoaledi en die ministerie van gesondheid, Sondag by navraag gesê.

Vrae is aan hom gestuur en hy het telefonies geantwoord:

1. Kan jy bevestig dat die wetsontwerp verlede week aan die kabinet voorgelê is?

“Ja, ek kan dit bevestig,” het hy gesê.

2. Kan jy bevestig dat die kabinet die wetsontwerp verwerp het?

“Die kabinet het dit nie afgekeur nie. Wat ek kan sê, is dat die wetsontwerp nie verwerp is nie en dat die minister van gesondheid baie tevrede is met die beraadslaging in die kabinet oor die wetsontwerp.

“Daar is wye erkenning by almal dat die NGV van maatskaplike waarde vir die samelewing gaan wees.”

Maja het gesê die wetsontwerp is ook nie “teruggestuur” nie.
“Ons is ingelig dat die beraadslaging oor die wetsontwerp in die kabinet einde Januarie gefinaliseer sal word.”

Khusela Diko, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, het dié vrae na die kabinet se woordvoerder verwys.

Sy het Donderdag aan Business Day bevestig dat die wetsontwerp wel voor die kabinet was en nie goedgekeur is nie, maar in die nuwe jaar gefinaliseer gaan word.

Phumla Williams, woordvoerder van die kabinet, se enigste kommentaar was: “Alles wat voorgelê en goedgekeur is, is in die kabinetsverklaring.”

In die verklaring oor die kabinetsitting wat op Woensdag 5 Desember plaasgevind het, is drie wetsontwerpe goedgekeur, naamlik die hersiene onteieningswet en die wetsontwerp oor die gedrag van finansiële instellings asook die wysigingswetsontwerp oor finansiële sake. 

Die proses wat gevolg is om die wetsontwerp oor die NGV te hersien voordat dit weer aan kabinet voorgelê is, was die afgelope weke in omstredenheid gehul.

Dit het gekom nadat ’n brief van  Ismail Momoniat, adjunk-direkteur-generaal van die nasionale tesourie, aan dr. Olive Shisana, die NGV-adviseur van die president, uitgelek het.

Die brief het verdoemende kommentaar van Momoniat bevat oor die beweerde veranderinge wat Shisana aan die wetsontwerp aangebring het wat op pad na die kabinet was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.