Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Kabinet sê ja vir wetsontwerp oor NGV-plan

Die kabinet het die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) van 2018 goedgekeur om in die parlement ter tafel gelê te word.

Daar is groot kommer oor hoe NGV ingestel gaan word.

Die wetsontwerp was verlede jaar in omstredenheid gehul nadat die kabinet toestemming gegee het dat dit vir openbare konsultasie van Junie tot September vrygestel moet word.

’n Brief van die nasionale tesourie aan dr. Olive Shisana, adviseur van die president oor die NGV, het daarna uitgelek. Daarin is ernstige kommer uitgespreek oor veranderinge wat laat in Oktober aan die wetsontwerp aangebring is.

LEES OOK: 4 veranderinge oor die NGV onderweg na die kabinet

Van die groot redes waarom die amptenaar van die nasionale tesourie verlede jaar sy kommer uitgespreek het, sluit in dat mediese fondse net ’n aanvullende rol gaan speel. Kommer is ook oor die finansiële implikasies van die NGV uitgespreek wat nie duidelik in die wetsontwerp is nie.

Dit sal eers duidelik wees as die nuwe weergawe ontvang word of dié omstrede veranderinge steeds daarin is.

Die kabinet het in sy verklaring oor die kabinetsvergadering van Woensdag gesê die insette wat verlede jaar ontvang is, is in die jongste weergawe van die wetsontwerp ingesluit, en dat die wetsontwerp onderhewig sal wees aan nog ’n strawwe proses in die parlement.

Die wetsontwerp maak voorsiening vir die skep van ’n NGV-fonds as ’n openbare entiteit wat aan die minister van gesondheid verslag sal doen.

Die fonds sal as ’n skedule 3A- openbare entiteit onder die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies geregistreer word. Dié entiteite het meer outonomie met hul daaglikse bestuur.

“Sodra die wetsontwerp deur die parlement goedgekeur is, gaan die bestaande konsep-implementeringsplan vir die NGV gewysig word om die oorgangsreëlings in te stel wat nodig is om die Nasionale Gesondheidsplan in fases in werking te stel.

“Die oorgangstydperk sal ook toelaat dat sekere stukke wetgewing herroep kan word wat nie ooreenstem daarmee nie.”

Die nuwe minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sal ’n aparte mediakonferensie hou om die wetsontwerp se details te bespreek.

Verlede jaar toe die eerste konsepwetsontwerp uitgereik is, het Netwerk24 daaroor berig.

LEES OOK: A tot Z van die NGV-wet

LEES OOK: Lees self die nuwe wette oor mediese skemas, NGV

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2061 (6349)
  • Top 40 51733,36 (16820)
  • All Share 57872,52 (23652)
  • Resource 10 46368,09 (-1185)
  • Financial and Industrial 30 77552,34 (38700)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.