Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Kanker: Nuwe skokverslag oor voorkoms, koste

Die diagnose van kanker by lede van die Discovery Health Medical Scheme (Discovery) – die grootste oop mediese skema in die land – het tussen 2011 en 2017 met 45% gestyg.

Die gemiddelde koste per kankerbehandeling het met 17% gestyg – van R66 339 in 2011 tot R77 644 in 2017.

’n Verslag oor Discovery se gesondheidseise wat Maandag uitgereik is, het bevind dat 38 295 Discovery-lede in 2017 vir kanker behandel is. Dis 1,39% van die skema se nagenoeg 1,6 miljoen lede.

Dit beteken uit elke 100 000 Discovery-lede is 1 394 mense in 2017 vir kanker behandel. In 2011 was dit net 961 uit elke 100 000 lede.

Discovery het die afgelope ses jaar 103% méér aan kankerbehandeling bestee – altesame R3 miljard in 2017.

“Die toename bestaan uit ’n kombinasie van faktore, insluitend die styging in die voorkoms van kanker sowel as ’n styging in die koste van kankerbehandeling, veral weens die bekendstelling van nuwe, duur behandelings.”

Die gemiddelde koste per kankerbehandeling het met 17% gestyg – van R66 339 in 2011 tot R77 644 in 2017.

“Dié toename in voorkoms kan aan ’n kombinasie van faktore toegeskryf word, insluitend die veroudering van die skema se lede, nadelige keuses en die bekendstelling van nuwe behandelings wat lank duur,” luidens die verslag. (Nadelige keuses oftewel adverse selection verwys na die feit dat mense met hoë behoeftes aan gesondheidsorg meer geneig is om sekere dienste te gebruik, in dié geval soos om by ’n fonds aan te sluit.)

Uit die 38 295 gevalle van 2017 was die algemeenste kankers as volg:

  • Borskanker is by 1 046 vroue ontdek, kanker van die eierstokke by 49 en servikale kanker by 38;
  • Prostaatkanker is by 914 kans ontdek, urienwegkanker by 99 en testikulêre kanker by 45;
  • Kolorektale kanker is by 308 mense gediagnoseer;
  • Kwaadaardige melanoom (velkanker) is by 126 mense gediagnoseer; en
  • Longkanker is by 94 mense gediagnoseer.

Prostaatkanker was die algemeenste kanker onder manlike lede van Discovery en gemiddelde Suid-Afrikaner. Wêreldwyd is longkanker die algemeenste kanker onder mans.

Die aantal Discovery-lede wat vir prostaatkanker behandel is, het van 2011 tot 2017 met 63% toegeneem. Die diagnose word gemiddeld op 66,8 jaar gedoen.

Borskanker is die algemeenste onder vroulike Discovery-lede, onder Suid-Afrikaners in die algemeen en ook wêreldwyd onder vroue.

Dit het met 42% onder Discovery-lede toegeneem van 2011 tot 2017, en gevalle wat van die ouderdom 40 jaar af ontdek word, het beduidend toegeneem. Business Insider

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1121,56 (1291)
  • Top 40 45851,17 (-7786)
  • All Share 52096,04 (-5000)
  • Resource 10 39712,73 (24243)
  • Financial and Industrial 30 68788,28 (-23394)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.