Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Kom gee hier jou mening oor NGV

Die openbare sittings oor die Wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) begin Dinsdag uiteindelik in die Wes-Kaap.

Openbare sittings oor NGV word tans landwyd gehou. Dis dié week in die Wes-Kaap.

Die portefeuljekomitee oor gesondheid van die parlement bied die openbare sittings oor die wetsontwerp aan.

Die NGV is kortweg ’n stelsel wat bedoel is om uiteindelik van die openbare sektor en private sektor in ’n gegewe distrik gesondheidsdienste aan te koop. Die ideaal is dat NGV verseker dat almal dieselfde gesondheidsdienste kan kry ongeag hul stand in die samelewing en of hulle ryk of arm is.

Die komitee was verlede week in die Vrystaat en Noordwes.

Die komitee het in ’n verklaring weer sy verbintenis tot ’n inklusiewe proses van openbare deelname uitgespreek.

Die openbare sittings is ’n manier om aan alle belangstellendes die geleentheid te gee om hul siening oor die wetsontwerp uit te spreek, luidens die verklaring.

Hier vind dit plaas:

  • Dinsdag 4 Februarie om 16:30 vind die eerste openbare vergadering in die Allan Boesak-gemeenskapsaal in Piketberg plaas.
  • Die volgende vergadering is op Woensdag 5 Februarie in Kaapstad in die Khayelitsha CBD-saal om 16:30.
  • Op Vrydag 7 Februarie om 16:30 word ’n vergadering in George se burgersentrum in Yorkstraat gehou.
  • Op Saterdag 8 Februarie is die openbare vergadering om 10:00op Beaufort-Wes. Die vergadering word by die Beaufort-Wes Youth Hub gehou.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.