Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Konsulteer só gratis aanlyn met dokters

Discovery en Vodacom het elkeen R10 miljoen bygedra tot ’n fonds om gratis aanlyn konsultasies met dokters beskikbaar te stel aan Suid-Afrikaners wat nie lid van ’n mediese fonds is nie.

Shameel Joosub, uitvoerende hoof van Vodacom, sê hierdie bedrag is genoeg vir 100 000 gratis konsultasies.

LEES OOK: Wie betaal vir dié 'gratis konsultasies' by Discovery?

Die inisiatief om aanlyn konsultasies beskikbaar te stel, is aan alle Suid-Afrikaners beskikbaar en sal help om die druk op die gesondheidstelsel te verlig.

Volg dié stappe:

1. Begin die proses deur aanlyn na Discovery se Covid-19-inligtingsentrum of Vodacom se webwerf te gaan. Lede van DHMS kan die diens deur die app verkry. Vodacom-kliënte kan ook bykomende inligting kry en ’n selfontleding doen deur *111# te skakel.

2. Die gebruiker moet vrae invul vir die selfontleding.

3. Indien daar bevind word dat jy ’n hoë risiko het vir Covid-19, moet jy registreer vir die DrConnect-app van Discovery en goedkeuring gee.

4. ’n Konsultasie met ’n dokter word bespreek.

5. As ’n toets aanbeveel word, word ’n foto met die voltooide vorm vir die patologiediens per SMS, WhatsApp of e-pos gestuur. Dieselfde sal geld vir voorskrifte.

6. Die toets sal deur die relevante diens gefasiliteer word.

7. Die dokter ontvang die resultate elektronies en adviseer pasiënte oor opvolgbesoeke.

Dr. Ryan Noach, hoof van die administrateur Discovery Health, sê die vennootskap verseker dat enigiemand in Suid-Afrika toegang tot private gesondheidsorg kan kry.

Die Discovery-groep sê in ’n verklaring daar is wêreldwyd bewys dat telemedisyne van onskatbare waarde is om Covid-19 te bestuur. Mense wat sorg benodig en moontlik vir toetse of na ’n hospitaal verwys moet word, word hierdeur op grond van hul simptome geïdentifiseer.

“Dit voorkom ’n toeloop na klinieke en dokters se spreekkamers, waar ’n groter risiko vir die verspreiding van die virus bestaan, en beskerm gesondheidspraktisyns teen herhaaldelike blootstelling.”

Discovery in samerweking met Vodacom het aanlyn konsultasies met dokters gratis gemaak te midde van die koronavirus-pandemie.

Dit maak dit ook onnodig dat mense na dokters vervoer moet word.

Noach sê ’n groot netwerk van dokters is beskikbaar om vrae oor Covid-19 te beantwoord.

Toegang tot die aanlyn konsultasies met dokters kan op Vodacom en Discovery se webwerwe en op slimfone gekry word.

Lede van Discovery Health Mediese Skema (DHMS) en ander mediese fondse wat deur Discovery Health geadministreer word, kan op dieselfde plek om hulp aanklop, maar word deur ander stappe geneem omdat die aanlyn konsultasie wel ’n koste vir hul mediese fonds sal meebring.

Omdat miljoene Suid-Afrikaners nie toegang tot die internet of slimfone het nie, maak Vodacom dit moontlik dat sy kliënte deur *111# te skakel toegang kry tot ’n opsie waar hulle selfontleding kan doen of tot ’n 24-uur-opsie wat die nommer van ’n oproepsentrum verskaf.

Joosub het die aankondiging in video gemaak en gesê hulle beoog om 44 miljoen mense só te bereik.


Meer oor:  Vodacom  |  Discovery  |  Dokter  |  Covid-19  |  Tegnologie  |  Koronavirus  |  Mediese Fonds  |  Mediese Sorg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.