Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Kritieke tekort aan verpleërs dreig
Suid-Afrika kan 'n kritieke tekort aan verpleegsters beleef. Foto: iStock

Suid-Afrika stuur af op ’n kritieke tekort aan verpleegkundiges weens ’n gesloer met die goedkeuring van ’n nuwe kurrikulum en onsekerheid oor waar die staat voortaan verpleegsters sal oplei.

Ingevolge voorsiening in die wet vir nuwe kategorieë van verpleegkundiges en wat hul opleiding van 2020 sal behels, sal verpleegsters nie meer by provinsiale verpleegkolleges opgelei kan word nie omdat dié kolleges nie as hoër onderwysinstellings geag word soos die nuwe kwalifikasiestandaarde vereis nie. Die Raad op Verpleging moet ook ’n nuwe kurrikulum goedkeur.

En selfs al sou staatskolleges betyds geakkrediteer kon word, is daar twyfel of hulle reeds in 2020 gereed sal wees om met die opleiding te begin.

Tans word 73% van verpleeglui in Suid-Afrika by dié kolleges opgelei. Die drie groot hospitaalgroepe en nog ses ander private instellings bedryf private kolleges. Die res studeer aan universiteite.

Die afgelope vyf jaar het die getal studente wat verpleegkunde aan universiteite studeer jaarliks met 8% toegeneem. Dié toename sal egter moeilik volgehou kan word weens ’n tekort aan akademiese personeel, sê dr. Sue Armstrong, ’n senior lektor in verpleegkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand. Daar is tans minstens vier universiteite met verpleegdepartemente wat nie ’n akademiese hoof het nie.

Teen die huidige opleidingstempo sal ons teen 2035 4,45 verpleegkundiges per 1 000 van die bevolking hê.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se norm vir die verhouding tussen verpleegkundiges en bevolking is 8,5:1 000 teen 2060.

Daarteenoor het Suid-Afrika verlede jaar 4,8 verpleegkundiges per 1 000 inwoners gehad. Teen die huidige opleidingstempo sal ons teen 2035 4,45 verpleegkundiges per 1 000 van die bevolking hê.

Dit voldoen wel aan die minimum vereistes van die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte (SDG) wat deur die VN aanbeveel word.

Maar as die huidige proses ontwrig word, stuur ons af op ’n situasie waar daar net drie verpleegkundiges vir elke 1 000 mense sal wees, het dr. Armstrong dié week op die konferensie van die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa) in Bryanston gesê.

Die nuwe wetgewing maak voorsiening vir ’n nuwe kategorie van verpleegkundige, ’n algemene verpleegster. Dié persoon sal ’n diplomakursus van drie jaar voltooi en sal ongekompliseerde mediese gevalle hanteer en onder toesig van ’n gegradueerde geregistreerde verpleegster werk.

Armstrong meen die dreigende krisis kán afgeweer word as openbare en private kolleges ná 2020 toegelaat word om algemene en hulpverpleegsters op te lei en universiteite professionele verpleegkundiges, én al die bestaande instansies hul volle vermoëns gebruik.

Die uitdagings met opleiding van verpleegkundiges kan ’n stok in die wiel wees van pres. Cyril Ramaphosa se planne dat die minister van gesondheid as deel van die ekonomiese stimulusprogram onmiddellik 2 200 kritiek belangrike mediese poste moet vul.

Volgens Armstrong is daar genoeg belangstelling van jong mense wat as verpleegkundiges wil kwalifiseer, maar daar is geweldige frustrasie weens struikelblokke soos die raad se gesloer om die nuwe kurrikulums goed te keur.

Meer oor:  Gesondheid  |  Mediese Sorg  |  Tekort  |  Verpleegster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2521,3 (781)
  • Top 40 48435,04 (-40196)
  • All Share 54187,92 (-45010)
  • Resource 10 42508,28 (-27618)
  • Financial and Industrial 30 73364,47 (-64797)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.