Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Life Healthcare se inkomste styg, maar wins daal
Life Healthcare se totale inkomste het met tussen 7,9% en 10,3% tot so hoog as R25,9 miljard gestyg. Foto: Pixabay

Life Healthcare, een van die drie groot hospitaalgroepe in die land, gaan dalk dubbelsyfergroei in sy inkomste aankondig wanneer hy sy jaarresultate op 21 November uitreik.

Die private hospitale se totale inkomste, in sowel Suid-Afrika as oorsee, het met tussen 7,9% en 10,3% tot so hoog as R25,9 miljard gestyg vir die boekjaar tot einde September vergeleke met die vorige boekjaar.

Die inkomste uit Suid-Afrika alleen gaan met tussen 6,1% en 7,9% hoër wees vir ’n maksimum van R17,24 miljard. Die inkomste uit oorsese hospitale gaan met tussen 10% en 13,2% vir ’n maksimum van R6,182 miljard styg.

Life se genormaliseerde verdienste voor rente, belasting, waardeverminderings en afskrywings (ebitda) gaan ook styg, met tussen 0,4% en 5,4%.

Die ebitda-winsgrens daal egter tot nagenoeg 22,2% (2018: 23,6%). Life skryf dié daling toe aan groeistrategieë, insluitend die koste om sy radiologie-sake in Suid-Afrika uit te brei, om verpleegdienste te verbeter en om in data-ontleding te belê. Die groep belê ook heelwat in molekulêre skandeertegnologie, ’n vorm van skandering wat probleme met molekules en selle kan optel.

In Suid-Afrika en Botswana, waar Life altesame meer as 50 hospitale het, het die inkomste per pasiëntdag met nagenoeg 5,9% gegroei, hoewel die aantal pasiëntdae met net 0,8% gegroei het.

Teen 11:00 het Life Healthcare se aandeelprys met 1,5% tot R24,29 gedaal.

Meer oor:  Life Healthcare  |  Hospitaalgroep  |  Resultate  |  Hospitaal  |  Mediese Sorg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.