Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Mediclinic: Beddens nie vir private pasiënte opsy gesit
Mediclinic reserveer nie beddens vir enige pasiënt nie.

Die hospitaalgroep Mediclinic sê in die onderhandelinge met provinsiale departemente van gesondheid oor die gebruik van sy hospitaalbeddens is daar nie beddens vir enige pasiënt gereserveer nie – hetsy vir mediesefondslede of vir staatspasiënte.

“Pasiënte van die staatsektor mag opgeneem word indien beddens, toerusting, verpleegpersoneel en ’n dokter beskikbaar is wat die behandeling kan gee,” sê dr. Stefan Smuts, kliniese hoof van Mediclinic Suider-Afrika.

Hy sê die besluit oor die hospitalisasie sal soos altyd geneem word deur die dokter wat die behandeling verskaf op grond van die pasiënt se toestand.

“As ’n hospitaal vol is, sal sekere gevalle soos niedringende operasies vir ’n redelike tyd vertraag word.”

Nie Netcare of Mediclinic het vrae beantwoord oor hoeveel Covid-19-pasiënte daar tans in hul hospitale behandel word nie en hoe naby hulle aan vol is in stede soos Kaapstad of Johannesburg nie. Mediclinic sê die situasie bly verander en word voortdurend gemonitor.

Mediclinic sê uit die tarief van R16 156 per pasiënt per dag wat die staat betaal vir ’n hospitaalbed waar hoë en intensiewe sorg verskaf word, word R11 749 aan die hospitaal betaal.

Die res word soos volg opgedeel:

  • Spesialisdokterspan – R2 493
  • Patologie – R588
  • Radiologie – R632
  • Verwante gesondheidsberoepe (fisioterapie, dieetkunde, kliniese tegnologie) – R694.
Meer oor:  Mediclinic  |  Covid-19  |  Beddens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.