Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Mediclinic kap verslag oor lisensies vir hospitale
Die markondersoek het bevind die gesamentlike markaandeel van die drie nasionale hospitaalgroepe beloop 83% van die beddens en 90% van die opnames. Foto: Pixabay

Die internasionale hospitaalgroep Mediclinic stem nie saam met die bevindinge van die markondersoek oor die private gesondheidsbedryf dat disinvestering en ’n verbod op nuwe lisensies dalk nodig is om die dominansie van dié groep asook Netcare en Life Healthcare hok te slaan nie.

Mediclinic het sy aanvanklike mening oor die voorlopige verslag van die markondersoek uitgespreek wat op 5 Julie uitgereik is.

Belanghebbendes het tot 7 September kans om daarop kommentaar te lewer.

Die markondersoek het bevind die gesamentlike markaandeel van die drie nasionale hospitaalgroepe beloop 83% van die beddens en 90% van die opnames. Dit word as “hoogs gekonsentreerd” ingevolge internasionaal aanvaarde kriteria beskou.

“Ons het talle opsies oorweeg om dit te hanteer, insluitende disinvestering en ’n verbod op die uitreiking van nuwe lisensies aan die drie groot hospitaalgroepe Netcare, Life en MediClinic. Die verbod sal vereis dat die groepe nie lisensies vir nuwe hospitale of vir meer beddens kry totdat elkeen op grond van hul aantal beddens nie meer as ’n markaandeel van 20% het nie.”

“Disinvestering skep talle vrae oor of dié maatstaf nie erger is as wat nodig is nie.”

Die markondersoekspan het voorleggings oor dié opsies gevra.

Mediclinic sê in ’n verklaring hy neem kennis van die kommer oor konsentrasie wat in die voorlopige verslag uitgespreek is en dat kommentaar daaroor versoek is.

“Mediclinic stem nie saam met die bevindinge nie en sal met die markondersoek oor die onderwerp skakel. Hospitaalgroepe gebruik skaalekonomieë om kostedoeltreffende sorg van hoë gehalte tot voordeel van die pasiënt te lewer. Ons glo daar is ywerige mededinging tussen die vier groot hospitaalgroepe, naamlik Mediclinic, Life Healthcare, Netcare en die National Hospital Network (NHN).”

Die NHN is ’n maatskappy sonder winsbejag met die mandaat van verskillende hospitale om namens hulle tariewe met mediese skemas te onderhandel. Dié netwerk kry elke drie jaar by die mededingingskommissie vrystelling om namens die hospitale tariewe te beding.

Die markondersoek het nie na die NHN verwys ten opsigte van konsentrasie nie.

Hiermee stem Mediclinic ook nie saam nie

Die hospitaalgroep betwis die siening dat deel van die stygende koste in die private gesondheidsorgbedryf veroorsaak word deur die vraag wat deur dokters en die hospitale aangedryf word. Afgetrede hoofregter Sandile Ngcobo, voorsitter van die ondersoekkommissie, sê die inligting van die markondersoek toon daar is sterk bewyse daarvan. Dit is wanneer ’n dokter die pasiënt aanmoedig om meer sorg te ontvang as wat nodig is vir die mediese probleem.

Mediclinic sê sy ekonomiese en aktuariële kundiges betwyfel dit of die berekeninge en data waarop dié bevindinge gegrond is, akkuraat is.

Hiermee stem Mediclinic saam

1. Die jaarlikse styging van meer as verbruikersprysinflasie in gesondheidsorgkoste kan toegeskryf word aan meer dienste wat gebruik word, nie aan oormatige tariefverhogings nie. Die toename in die dienste wat gebruik word, word veroorsaak deur ouderdom en siektes wat toeneem.

2. Eenvormige standaarde is nodig om die gehalte van sorg in die private gesondheidsbedryf te meet. Die onafhanklike liggaam wat voorgestel word daarvoor, stem ooreen met wat Mediclinic aan die markondersoek voorgestel het.

3. Die Raad op Gesondheidsberoepe se etiese reëls moet hersien word sodat daar meer samewerking tussen verskaffers en die verskaffing van sorg kan plaasvind. Dit is nodig sodat multidissiplinêre spanne geskep kan word. Die reëls moet verander word om hul gesamentlike vergoeding moontlik te maak. Mediclinic sê dit is nodig om die gefragmenteerde sorg in die mark aan te pak.

4. Bilaterale onderhandelinge oor tariewe tussen mediese skemas en hospitale moet behou word. Mediclinic sê hy stem saam met die bevinding dat die bepaling van pryse deur die staat innovasie aan bande sal lê.

5. Die doeltreffendheid van nuwe tegnologie moet gemeet word.

6. Die openbare sektor kan dienste by die private sektor aankoop.

7. In beginsel word die beheerliggaam vir verskaffers ondersteun indien dié liggaam onafhanklik sal wees en op deursigtige wyse gaan funksioneer. “Die liggaam kan waarde toevoeg en die huidige onsekerheid oor die regime vir hospitaallisensies opklaar.”

Meer oor:  Netcare  |  Life  |  Mediclinic  |  Sandile Ngcobo  |  Mediese Koste  |  Private Gesondheidsorg  |  Mediese Fondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1143,64 (202)
  • Top 40 44843,58 (-134525)
  • All Share 51067,77 (-135575)
  • Resource 10 39182,27 (-76408)
  • Financial and Industrial 30 67037,29 (-230941)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.