Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Mediclinic probeer weer dié hospitale koop

Mediclinic sê hy is bereid om agteroor te buig om pasiënte van Klerksdorp tegemoet te kom en wil daarom steeds twee hospitale in dié stad kan koop.

Mediclinic betwis dat sy tariewe baie duurder is as dié van onafhanklike hospitale. Foto: Mediclinic

Rapport het verlede week berig die Mededingingstribunaal het die samesmelting van Mediclinic en Matlosana Medical Health Services (MMHS), wat die Wilmed Park- en Sunningdale-hospitaal besit, verbied. Dit is onder meer omdat pasiënte in die omgewing baie meer sal moet betaal as hulle Mediclinic se tariewe moet betaal, het die tribunaal bevind.

Een mediese fonds het in hul voorleggings gesê Mediclinic se koste vir ’n natuurlike geboorte is 76% meer as wat hulle tans aan Wilmed Park betaal.

LEES OOK: Hospitale se prys-skandes onthul

Dr. Biren Valodia, hoof van bemarking, sê hulle is bereid om pasiënte van die omgewing tegemoet te kom as hulle die Klerksdorp-hospitale oorneem.

Hulle betwis die indruk wat die tribunaal wek dat Mediclinic baie duurder is as onafhanklike hospitale. Mediclinic meen die tribunaal verwys eintlik na die tariewe-deel van die rekening wat effens hoër kan wees en nié na die totale rekening nie.

Volgens Mediclinic is die toepaslike prysnorm vir hospitaaldienste “koste per geval” (cost per event of CPE) en bestaan uit verskeie items soos tariewe, doeltreffendheid van aankope van farmaseutiese produkte, asook bestuur en gebruik van verskeie dienste.

Die tariewe-deel van die rekening bevat verblyfkoste en teatertyd, en maak sowat twee derdes van die totale hospitaalrekening uit. Apteekitems maak die res uit en word verdeel in etiese medikasie (alle skedulemiddels) en chirurgiese items (soos verbande en inspuitings).

63%
Wilmed Park en Sunningdale bedien groot dele van Noordwes en die Noord-Vrystaat. In Potchefstroom is daar ’n Mediclinic-hospitaal wat nie naastenby soveel geriewe en dienste soos die hospitale in Klerksdorp het nie. As die transaksie deurgevoer is, sou Mediclinic 63% van die mark in die streek beheer.

Mediclinic het volgens Valodia reeds in 2003 begin om apteekitems teen kosprys te verkoop sonder om wins daarop te maak in reaksie op die hoë inflasie op apteekitems. Nie alle hospitaalgroepe het dit gedoen nie, sê Valodia.

Mediclinic voer aan die grootste deel van die apteekrekening (as deel van die totale hospitaalrekening) is vir chirurgiese items en daarom sal sy tariefbedinging oor jare uiteindelik tot voordeel van pasiënte in Wilmed en Sunningdale wees.

Verskeie mediese fondse het egter gekla oor die verwagte uitwerking van ’n samesmelting wat betref mededinging oor tariewe.

Mediclinic sê AngloGold Mediese Skema se voorbeeld van kraamtariewe is bereken op die baie lae tarief wat histories op plaaslike vlak met die gemeenskap beding is om hulle tegemoet te kom. Dié plaaslike uitsonderings sal eerbiedig word ná die samesmelting, sê Mediclinic.

In ander gebiede is Mediclinic se kraamtariewe nie ver verwyderd van mededingers s’n nie, sê ’n woordvoerder.

“Mediclinic is dus vol vertroue dat hy pasiënte se algehele gesondheidsorgervaring in die streek sal verbeter, beter toegang tot gehalte- en bekostigbare sorg sal bied op kort tot medium termyn.”

Die saak sal in Oktober in die mededingingsappèlhof aangehoor word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.