Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Medies: Lojaliteit daal teenoor Discovery en kie

Discovery is een van die mediese fondse wat ’n daling in lojaliteit gesien het, het die jongste peiling gevind om verbruikers se tevredenheid oor dié bedryf te toets.

Die peiling, wat deur Consulta uitgevoer is, het gevind lojaliteit onder lede daal as gevolg van verhoogde premies en vrae oor die waarde van die dekking wat ontvang word.

medies, medici
Hoe lojaal voel jy oor jou mediese fonds? Foto: Unsplash

Die peiling is oor Bonitas, Discovery, die Government Employees Medical Scheme (Gems), Medihelp en Momentum onder altesaam 1 700 lede uitgevoer.

“Die lede van al die mediese fondse wat in 2019 aan die peiling deelgeneem het, het aangedui hulle glo nie hul premies stem ooreen met die gehalte van die dekking wat hulle ontvang nie,” het prof. Adré Schreuder, voorsitter van die indeks oor verbruikerstevredenheid (SA-csi), gesê.

In geheel het Bonitas die meeste punte vir tevredenheid gekry (75,1%), gevolg deur Discovery (74,8%).

Net dié twee het ’n verbetering in hul punte gesien.

Gems, Medihelp en Momentum se punte het gedaal.

Die uiteindelike punt word uit verskillende vrae saamgestel, insluitende oor die waargenome waarde wat gekry word.

Die waargenome waarde is ’n maatstaf van gehalte relatief tot die prys wat betaal word, volgens Schreuder.

Volgens hom voel al die deelnemers aan die peiling dat die gehalte van die dekking nie ooreenstem met die premie wat hulle betaal nie. Die grootste gaping tussen gehalte en prys is gemeet by Discovery, gevolg deur Bonitas.

Bonitas het die mees lojale lede en het ’n groot verbetering in sy telling getoon.

Discovery, Medihelp en Momentum het egter ’n daling in hul telling vir lojaliteit gekry.

Schreuder sê die vlakke van tevredenheid oor mediese fondse is wesenlik laer as dié wat vir ander finansiëledienstebedrywe gemeet word. “Een van die belangrikste redes hiervoor is die openlike ingewikkeldheid van die voordele, wat dit nie maklik maak om koste te vergelyk vir die waarde wat gekry word nie.”

Hy sê die jaarlikse verhoging in premies is al vir meer as twee dekades bo en soms dubbeld inflasie.

“Dit het stelselmatig die voordele wat verbruikers kan bekostig weggevreet en baie mense moet tot 20% van hul maandelikse inkomste vir die premie vir hul mediese fonds opdok. Verbruikers het in reaksie daarop begin om na bekostigbaarder opsies te skuif.”

Volgens hom het mediese fondse daarop gereageer deur meer goedkoper opsies bekend te stel, maar dit het nog meer kompleksiteit veroorsaak.

Schreuder sê daar is ’n groeiende ontevredenheid en dissonansie onder verbruikers teenoor hul mediese fondse weens ’n onbegrip oor die voordele daarvan.

Meer oor:  Gems  |  Medihelp  |  Discovery  |  Bonitas  |  Adré Schreuder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.