Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Medies: Nog 'n skok met Bonitas wat 9,9% styg

Nog ’n mediese fonds se premies styg volgende jaar met ver bo die koers van verbruikersprysinflasie.

Bonitas het pas bekend gemaak sy premies styg gemiddeld met 9,9%.

Lee Callakoppen, hoofbeampte van Bonitas Mediese Fonds. Foto: Verskaf

Discovery het Maandag aangekondig sy geweegde gemiddelde premieverhoging is 9,5%. Dit lyk dus asof mediesefondslede hul kan regmaak vir stygings van baie na aan, of bo 9% vir die tweede opeenvolgende jaar.

“Geweegde gemiddelde” verwys na die gemiddelde prysstyging van al die opsies, met inagneming van hoeveel lede op elke opsie is. Elke lid moet self gaan kyk wat sy spesifieke opsie se premieverhoging is, want sommige van Discovery se opsies se premies styg met tot 10,9%.

Discovery se premies het in 2019 met 9,2% gestyg (7,9% in 2018). Discovery het die hoër verhoging in 2019 gelê voor die deur van die styging in die BTW-koers en die onbeheerde uitbreiding van hospitale.

Vanjaar sê Discovery die toename in die koste van gesondheidsorg kan hoofsaaklik daaraan toegeskryf word dat meer lede van gesondheidsdienste gebruik maak, en dat lede ook hierdie dienste meer gereeld nodig het.

Bonitas se premies het in 2019 met 8,9% gestyg.

Bonitas spog nogtans in sy verklaring daarmee dat die gemiddelde premieverhoging vir 2020 nie ’n dubbelsyfer is nie en dat dit “so laag moontlik gehou is”.

Bonitas het die boekjaar tot einde Desember 2018 met R4,1 miljard se reserwes afgesluit. Die reserwes verwys na premie-bydraes wat opgehoop het – die sogenaamde solvensieverhouding, wat volgens wetgewing minstens 25% moet wees. Bonitas s’n was aan die einde van die 2018-boekjaar 25,2% nadat hy ’n surplus van R164,8 miljoen gehad het.

“Suid-Afrikaners is onder uiterse finansiële druk,” sê Lee Callakoppen, hoofbeampte van Bonitas.

“Ons wil almal verseker dis sake soos normaal by Bonitas en dat gehalte en bekostigbare gesondheidsorg vir ons lede ’n prioriteit bly,” sê Callakoppen met verwysing na lede se kommer oor die regering se plan met nasionale gesondheidsversekering.

Meer oor:  Discovery  |  Bonitas  |  Mediese Fondse  |  Premies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.