Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Medies: Só laat stelsel jou in steek

Die Groot Drie – Netcare, Mediclinic en Life – oorheers die gesondheidsorgbedryf en verbruikers ly daaronder.

Dit is een van die bevindings in die finale verslag van die Mededingingskommissie se ondersoek na die private gesondheidsbedryf. Die verslag is Maandag uitgereik. Die drie hospitaalgroepe se markaandeel van die totale bedbesettings en opnames in hospitale in 2016 was onderskeidelik 31%, 26,8% en 25,3%.

In die opsomming van die verslag word gesê die drie maak dit vir nuwelinge en randspelers baie moeilik om te groei en volgens meriete mee te ding. Daar is gevolglik baie min onafhanklike private hospitale. 

Die drie lok ook die beste mediese praktisyns met aansporingsprogramme wat, volgens die samestellers van die verslag, die uitruil van waardevolle kennis in die bedryf beperk.

’n Gestandaardiseerde, verpligte, basiese voordelepakket behoort deur alle mediese fondse aangebied te word om prysvergelykings maklik te maak.

Konsentrasie in enkele groot diensverskaffers kan lei tot kartelvorming en samespanning om byvoorbeeld pryse te bepaal en dit verhinder mediese fondse om diensverskaffers te “straf” vir hoë pryse. 

Een van die belangrikste gevolge daarvan vir verbruikers is dat die drie jaarlikse prys- en kosteverhogings “byna dikteer”.

Hulle maak seker dat die gesondheidsorgstelsel oorbenut word en trek voordeel daaruit “sonder die behoefte om uitgawes te beperk”. 

Die samestellers het luidens die verslag in ag geneem dat Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) waarskynlik op die vroegste in 2026 ingestel gaan word. Die NGV sal sekere mediese dienste by die private sektor koop. “ ’n Mededingender private gesondheidsorgmark sal lei tot laer koste en pryse en groter waarde vir geld vir verbruikers,” lui die verslag. Daarom word die volgende voorgestel:  

* Die skepping van ’n reguleerder van gesondheidsorgdiensverskaffers; en  

* Die vestiging van ’n moniteringstelsel wat almal insae sal gee in die uitkomste van gesondheidsorg.

Wat mediese fondse betref, lui die verslag een van die gebreke van die huidige stelsel is dat verbruikers nie verskillende opsies deur afsonderlike fondse maklik kan vergelyk nie.

’n Gestandaardiseerde, verpligte, basiese voordelepakket behoort deur alle mediese fondse aangebied te word om prysvergelykings maklik te maak.

Omdat verbruikers nie kan kies nie, kan hulle mediese fondse nie penaliseer deur na ’n ander fonds oor te skakel nie.

Ook hier is mededinging ’n probleem. “Discovery Health het, oor ’n volgehoue tydperk, winste gemaak wat veelvoude is van wat sy grootste mededingers verdien het – met geen teken dat hy deur bestaande of nuwe mededingers uitgedaag gaan word nie,” lui die verslag.

Liggaam 1

Die voorgestelde reguleerder word in die verslag die reguleerder van die verskaffingskant van gesondheidsorg genoem. 

Dié liggaam moet ’n oog hou oor alle verskaffers, insluitend gesondheidsorginstellings en -praktisyns. 

Sy funksies sal onder meer wees toesig oor geriewebeplanning en -lisensiëring; die monitering van gesondheidsorg; en om ’n oog te hou oor koste.


Liggaam 2

Die uitkomstemonitering- en verslagdoeningsorganisasie (Omro) sal geskep word as ’n onafhanklike databank.

Hospitale, dokters en pasiënte sal almal tot die databank kan bydra en sal ook daar toegang kan kry tot die jongste mediese inligting. 

Die bedoeling daarmee is onder meer om die gehalte van kliniese sorg te verbeter.


Meer oor:  Netcare  |  Life  |  Mediclinic  |  Mededingingskommissie  |  Hospitale  |  Nvg  |  Medies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.