Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Mediese bedrog nou só gepak

’n Drastiese nuwe maatstaf is bedink om bedrog in die mediese bedryf hok te slaan wat tot die jaarlikse skerp stygings in koste en premies in die bedryf bydra.

Die Raad op Mediese Skemas se manifes is gemik daarop om bedrog, misbruik en vermorsing in die bedryf hok te slaan. Foto: Pixabay

In ’n eerste vir die gesondheidsbedryf het die Raad op Mediese Skemas (RMS) Vrydag ’n manifes uitgereik wat belangegroepe in die bedryf vrywillig kan onderteken, maar wat dan bindend op hulle word om bedrog, misbruik en vermorsing in die bedryf hok te slaan.

Dit blyk uit die konsep-manifes dat dit spruit uit die eerste presidensiële gesondheidsberaad wat in Oktober plaasgevind het en dat dit nodig is ter voorbereiding vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Koste, gehalte en toegang word as drie belangrike vereistes vir ’n goeie NGV beskou, lui die aanhef tot die manifes. “Daar is kommer oor die ernstige gevare wat vermorsing, misbruik en bedrog vir die stabiliteit van die gesondheidsbedryf inhou . . .

“Om uiting te gee aan die verbintenis op die gesondheidsberaad, het die RMS die belangegroepe in die bedryf byeengebring om bedrog, vermorsing en misbruik aan te pak wat tot stygende gesondheidsorgkoste lei, wat onregverdigbaar is en ’n wesenlike hindernis is vir die implementering van ’n volhoubare en inklusiewe NGV-stelsel.”

Belangegroepe het net ’n week om kommentaar te lewer op die konsep-manifes.

Netwerk24 het al voorheen telkemale berig oor die kommer wat bestaan oor die impak van bedrog, misbruik en vermorsing in die bedryf op koste en premies.

Lees ook: Bedrog gaan skemas ‘laat ineenstort’

Die manifes kan deur reguleerders, mediese skemas, administrateurs, bedryfsliggame van gesondheidsorgverskaffers en verenigings onderteken word.

In die meegaande gespreksdokument oor bedrog, vermorsing en misbruik word gesê hoewel mediese fondse baie soortgelyk is aan ander versekeringsbedrywe, is dit ook uniek.

Al die faktore saam veroorsaak ’n betalingsproses wat oop is vir foute, misbruik en potensiële uitbuiting.
Die Raad op Mediese Skemas (RMS)

Die volume eise aan mediese skemas vir gesondheidsorg is by verre meer as wat die kort- en langtermynversekeringsbedryf ontvang. Een siekte kan tot talle eise lei. ’n Enkele eis in die gesondheidsorgbedryf is ook besonder kompleks. Die ICD-10-kodes wat gebruik word vir eise het 67 000 verskillende kodes vir diagnoses en 87 000 kodes vir prosedures.

Nog ’n belangrike verskil is dat mediese eise vooraf betaal word.

“Al die faktore saam veroorsaak ’n betalingsproses wat oop is vir foute, misbruik en potensiële uitbuiting.”

Die pligte van die verskillende rolspelers word in die manifes beskryf. Dit sluit in dat mediese fondse en administrateurs proaktief moet optree en sal deelneem aan bedryfsinisiatiewe om dié probleme te bekamp, insluitende om die relevante inligting te deel om bedrog, misbruik en vermorsing op te spoor.

Netwerk24 het voorheen berig hoe onwillig rolspelers in die bedryf is om inligting oor bedrog met mekaar te deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2108,36 (4736)
  • Top 40 52107,18 (37382)
  • All Share 58248,73 (37621)
  • Resource 10 46948,1 (58001)
  • Financial and Industrial 30 77928,13 (37579)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.