Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Mediese fondse identifiseer reeds lede vir fase 2

Mediese fondse het reeds begin om die lede te identifiseer wat in die volgende fase van die nasionale inentingsprogram ingeënt mag word.

Ajil Hassna prepares the Pfizer-BioNTech vaccinati
Jou beurt vir die Covid-19-inenting gaan kom – die vraag is wanneer. Foto: AP

Wanneer die fase begin, is nog nie bekend nie, maar mediese fondse sal hul lede ingelig hou daaroor.

Volgens Lee Callakoppen, hoofbeampte van Bonitas, het die mediese fonds reeds begin om lede te identifiseer wat in fase 2 en 3 val en hulle weet hoeveel entstof nodig gaan wees.

“Ons beoog om met fase 2 te begin sodra die entstof beskikbaar is.

“Wat ons gedoen het, is om seker te maak dat ons vooraf weet wie ons hoërisiko-bevolking is en sodra fase 2 begin, sal ons verseker almal wat wil, kan ingeënt word.”

Volgens hom het Bonitas saam met sy administrateur, Medscheme, die nodige prosesse ingestel om die doelwit te bereik.

“Ons hou ons lede ingelig oor die vordering en sodra bevestiging gekry word oor die entstof wat beskikbaar is, sal ons die datum van elke fase en inentingsplekke aan lede kommunikeer.”

Nasionale program se 3 fases
  • Fase 1: Gesondheidsorgwerkers (1,25 miljoen mense) word geteiken vir inenting as deel van die Sisonke- kliniese proef.
  • Fase 2: Noodsaaklike werkers (2,5 miljoen mense); mense in groepbehuising soos tehuise vir bejaardes en tronke (1,1 miljoen); mense van 60 jaar en ouer (5 miljoen); mense van 18 jaar en ouer met veelvuldige siektetoestande.
  • Fase 3: Res van die bevolking (minstens 22,5 miljoen mense).

Meer as 10 000 Bonitas-lede wat gesondheidswerkers is, het reeds in fase 1 met die inentings begin.

Vir fase 2 het hulle 72 000 lede geïdentifiseer wat noodsaaklike werkers is en in groepbehuising woon of werk, asook 185 000 hoërisiko-lede wat oor 60 is of onderliggende siektetoestande het.

Ronald Whelan, bedryfshoof van Discovery Health, sê die groep werk aan gedetailleerde planne om te verseker dat mediesefondslede toegang kry tot inentings sodra hulle volgens die nasionale program in aanmerking kom daarvoor.

Jongste inligting oor entstowwe
  • 11 miljoen dosisse Johnson & Johnson (J&J)
  • 20 miljoen dosisse Pfizer BioNTech
  • ’n Verdere 20 miljoen dosisse van J&J word oor onderhandel. Dit sal voldoende wees om die beoogde 37 miljoen volwassenes in Suid-Afrika te bereik wat geteiken word om kudde-immuniteit te bewerkstellig, volgens Bonitas.

Meer as 550 000 mediesefondslede van die Discovery Health Mediese Skema (DHMS) en ander mediese fondse wat Discovery Health administreer, is as hoë risiko geïdentifiseer.

“Die doelwit is om dié groep so vinnig as moontlik in te ent, na gelang van die beskikbare entstof.”

Volgens hom sal die oorblywende 2,5 miljoen mediesefondslede daarna so vinnig moontlik in die volgende fases van die inenting ingeënt word, ideaal gesproke voor die einde van 2021.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.