Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Mediese fondse: R17 mjd. se bedryfswins in pandemie

Mediese fondse het einde September waarskynlik die grootste bedryfswins nóg van R17 miljard getoon nadat die pandemie mediesefondslede van dokters en hospitale weggehou het.

Mediesefondselede het baie minder dokter toe gegaan en hospitale besoek as waarvoor mediese fondse in 2020 begroot het. Foto: Pixabay

Mediese fondse, wat nie vir winsbejag bedryf word nie, hou nie daarvan om dit ’n bedryfswins te noem nie, maar dit is wat oorgehou word van premies nadat eise en ander bedryfsuitgawes betaal is – ook bekend as die bedryfsurplus.

Daar is sowat 8,9 miljoen lede en afhanklikes wat tot mediese fondse bydrae.

Die groot klomp geld wat mediese fondse oorgehou het, is van belang vir lede omdat dit veronderstel was om hierdie jaar (2021) se premies in toom te hou. 

LEES OOK: Lae stygings 'verdoesel minder voordele'

Baie meer as begroot

Die jongste verslag oor die finansies van die bedryf wat deur die Raad op Mediese Skemas (RMS) uitgereik is, toon dit is vergeleke met die bedryfstekort van R2,6 miljard waarvoor mediese fondse vir die nege maande tot einde September begroot het.

Nadat beleggingsinkomste bygereken is wat mediese fondse verdien op opgehoopte fondse wat belê is, is ’n surplus van R18,7 miljard getoon, wat 1 151% meer is as wat begroot is.

Vergeleke daarmee het mediese fondse vir die hele boekjaar  einde 2019 ’n bedryfsurplus van R1 miljard oorgehou en ’n totale surplus van R7 miljard nadat beleggingsinkomste bygereken is. 

Die groot bydryfsurplus wat verlede jaar midde-in die pandemie oorgehou is, is onder meer weens die styging in bydraes van mediesefondslede. Die bydraes het vergeleke met die ooreenstemmende tydperk einde September 2019, met 7% gestyg.

Baie minder eise

medies

Die ander rede vir die surplus is omdat eise wat ontvang en betaal is 14% minder as begroot was. Dit het R120 miljard beloop vergeleke met die R140 miljard waarvoor begroot is.

Vergeleke met die jaar tot einde September 2019 het die besteding aan gesondheidsorg met 7% gedaal.

Die verhouding van eise tot premies was einde September 80%, vergeleke met die 92,7% waarvoor begroot is.

Mediese fondse is veronderstel om soveel moontlik van elke rand van bydraes aan gesondheidsorg te bestee.

Die mediese fondse se besteding aan ander uitgawes soos administrasie en makelaars het R12,8 miljard beloop – 6% laer as die begroting.

Grootste hoop geld nog

Mediese fondse is verplig om ’n solvensieverhouding van 25% te handhaaf, wat die reserwes is wat in verhouding met die jaarlikse premies opsygesit word.

Dié totaal van die bedryf het einde September opgeskiet tot 42% vergeleke met die ooreenstemmende tyd die vorige jaar se 33% en die begrote 34%.

Die reserwes het einde September R92,8 miljard beloop – 22% meer as die R75,5 miljard waarvoor begroot is.

Dít was 34% meer as wat einde September verlede jaar oorgehou is van R68,7 miljard.

Meer oor:  Rms  |  Raad Op Mediese Skemas  |  Pandemie  |  Mediese Fondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.