Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Mediese fondse: Só styg betaling van trustees

Die twee grootste mediese fondse in die land het hul trustees verlede jaar heelwat beter vergoed.

Volgens die Raad op Mediese Skemas (RMS) se jaarverslag het hul gemiddelde betaling per trustee so gestyg:

  • Discovery Health Medical Scheme (DHMS) met 30% tot R783 000; en
  • Die Government Employees Medical Scheme (Gems) met 25% tot R727 000.

DHMS dek altesame 2,7 miljoen lewens en Gems dek 1,8 miljoen.

Die meegaande tabel toon die tien mediese fondse wat hul trustees gemiddeld die beste vergoed.

Nog twee fondse op dié lys se vergoeding het ook skerp gestyg, naamlik:
  • Hosmed: Met bykans 30% tot R329 000; en
  • Keyhealth: Met 23% tot R300 000.

Polmed het algeheel die derde meeste aan die vergoeding van sy trustees opgedok; 21% meer as in die vorige jaar. Omdat sy getal trustees skerp gestyg het (van 14 tot 19) het die gemiddelde vergoeding per trustee egter met amper 11% gedaal.

Bonitas het algeheel die vierde meeste opgedok aan die vergoeding van trustees. Die gemiddelde vergoeding per trustee het in die pas met inflasie met sowat 5,3% gestyg. Die fonds het een minder trustee as verlede jaar gehad.

Uit aanhangsels tot die RMS se verslag blyk dit onder die fondse wat hul trustees gemiddeld minder betaal, het die volgende fondse se gemiddelde vergoeding per trustee ook skerp gestyg:

  • Bestmed: Met byna 70% tot R192 000;
  • Compcare Wellness Medical Scheme: Met 25% tot R269 000;
  • Genesis: Met 50% tot R140 000;
  • Resolution Health: Met byna 12% tot R274 000; en
  • Bankmed: Met byna 26% tot R167 000.

Die vergoeding van trustees val onder die nie-gesondheidsuitgawes van mediese fondse. Die RMS probeer dit al jare lank beheer sodat die bydraes van lede meestal aan gesondheidskoste bestee word.

   

Discovery verduidelik

   

David King, voorsitter van DHMS se vergoedingskomitee, sê die trustees word ’n markverwante uurlikse vergoeding betaal wat dan “verdiskonteer word om die nie-winsgewende status van die fonds te erken”.

King sê die gemiddelde vergoeding per trustee luidens die RMS se verslag is verwring omdat dit nie toon hoeveel trustees afgetree het en hoeveel nuwes aangestel is nie. Die meer akkurate gemiddelde bedrag per trustee is R1,1 miljoen, sê hy. Dit is 24% meer as die R905 000 gemiddeld per trustee in 2016.

Die verhoging word toegeskryf aan:

1. Uurlikse betaling wat met 6,5% verhoog is.

2. Die getal raads- en komiteevergaderings wat van 137 tot 175 toegeneem het. Die gemiddelde getal vergaderings per trustee het van 23 tot 25 (9,5%) toegeneem.

3. Die lengte van vergaderings het met 5,5% toegeneem.

4. Die reiskoste van trustees het ook gestyg.

Volgens King hou die toename in vergaderings en die duur daarvan verband met die nakoming van sowel wetgewing as die King IV-beginsels van korporatiewe beheer.

   

Gems verduidelik

   

Nkosinathi Theledi, voorsitter van Gems se raad van trustees, sê die gemiddelde vergoeding per trustee het skerp gestyg weens vier bykomende raadsvergaderings wat dringend gehou moes word.

Gems het ’n onafhanklike peiling oor dié vergoeding gedoen om seker te maak dit stem ooreen met die fidusiêre pligte en kundigheid van die trustees. Hul vergoeding is met dié van minstens tien van die groot geslote en oop mediese fondse vergelyk.

“Gegewe die omvang en kompleksiteit van Gems word die vergoedingsbeleid as redelik beskou.”

Theledi sê die raad het verlede jaar vir die eerste keer sedert 2014 trustees se vergoeding per dag per vergadering verhoog – met 5%.

Meer oor:  Discovery Health  |  Gems  |  Premies  |  Gesondheidsdienste  |  Mediese Fondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.