Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Mediese ondersoek: Opstel van finale verslag het begin

Die markondersoek na die private gesondheidsbedryf het R20 miljoen van die Mededingingskommissie gekry om sy werksaamhede vanjaar af te handel.

Dit kom nadat sy werksaamhede vroeër vanjaar twee maande lank weens begrotingsbeperkings opgeskort was.

Lees ook: Ondersoek oor medies staak werk oor geldnood

Mapato Ramokgopa, ’n amptenaar van die Mededingingskommissie, sê by navraag die ondersoekpaneel is op koers om sy verslag teen die jongste sperdatum van einde September af te handel.

Die koste van private gesondheidsorg bekommer baie mense. Foto: iStock

Die Mededingingskommissie het die markondersoek reeds in 2014 van stapel gestuur ten einde ’n manier te vind om die skerp styging in die koste van private gesondheidsorg en die premies van mediese fondse onder bedwang te bring.

Die markondersoekpaneel onder leiding van oudregter Sandile Ngcobo het hul werksaamhede op 1 April hervat. Hy word deur vier kundiges op die paneel bygestaan.

Talle seminare is in April gehou waar belangegroepe die kans gekry het om dieper gesprekke te voer oor van hul belangrikste bekommernisse oor die voorlopige verslag en die aanbevelings daarin wat verlede jaar uitgereik is.

Lees ook: 10 aanbevelings om mediese koste in die bek te ruk

Voorleggings hieroor is voor 26 April by die ondersoekpaneel ingedien. Die voorleggings is op die markondersoek se webtuiste gepubliseer.

“Die paneel en die tegniese span het goeie vordering gemaak met die lees en hersiening van voorleggings,” sê Ramokgopa. Die formulering van die finale verslag en aanbevelings het op 1 Mei begin.

Sy sê gesprekke met belangegroepe duur voort. “Die markondersoek is op koers om die verslag nie later nie as 30 September te publiseer. Ons verwag nie enige groot hindernis om die sperdatum te bereik nie.”

Die markondersoek se koste sedert dit in 2014 begin het, beloop R197 miljoen.

Vergelyk dit met hoeveel Netcare in die afgelope halfjaar bestee het aan regs- en ander koste wat met die markondersoek verband hou.

Lees ook: Netcare se koste vir markondersoek styg met 250%

Vergelyk dit ook met die bedrae wat die bedryf in premies insamel: In 2017 het die bedryf sowat R163 miljard se premies van mediesefondslede ingesamel en R144,5 miljard aan gesondheidsdienste bestee, plus nog R15 miljard aan niegesondheidsuitgawes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.