Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Mediese skema in kuratele weens swak geldsake
mediese fonds
Die mediese fonds Thebemed is in kuratele geplaas. Foto: Getty Images

Die Raad op Mediese Skemas (RMS) het die mediese fonds Thebemed in kuratele geplaas.

Dr. Sipho Kabane, registrateur van mediese skemas, het gesê dit was nodig weens die mediese fonds se finansiële probleme.

Die finansiële probleme sluit in dat Thebemed al lank nie aan die wetsvereiste kan voldoen om 25% van die jaarlikse bydraes in reserwes te hou nie.

Ian Fleming is as voorlopige kurator aangestel tot tyd en wyl die mediese skema die wetsvereiste solvensieverhouding kan haal.

Volgens Kabane is daar geen rede tot kommer van Thebemed se lede en diensverskaffers nie oor die daaglikse bedrywighede van die mediese fonds nie.

Makelaars is gemaan om lede nie onnodig te adviseer om na ander mediese fondse te skuif nie en in die beste belang van die lede advies te gee.

Die mediese fonds het in 2016 sowat 22 000 lewens gedek. Sowat R210 miljoen se bydraes is ontvang.

Meer oor:  Mediese Fondse  |  Kuratorskap  |  Mediese Sorg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.