Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Mediese fonds se spandabel kurator gepos
Die kurator van die mediese fonds Samwumed van die  Suid-Afrikaanse munisipalewerkersvakbond is gepos, onder meer weens haar beweerde spandabelrige besteding by die fonds.
Die kurator van die mediese fonds Samwumed het ’n salaris van R234 000 per maand ontvang, plus uitgawes. Foto: iStock

Royal Aldorance Khosana is R234 000 per maand betaal plus uitgawes, wat nog minstens R100 000 per maand beloop het.

Die hooggeregshof in Kaapstad het Dinsdag vir Joe Seoloane voorlopig as die nuwe kurator van Samwumed aangewys.

Dit kom nadat André Maxwell, voormalige voorsitter van die raad van trustees, asook die registrateur van mediese skemas, afsonderlike aansoeke by die hof ingedien het om Khosana as kurator te verwyder.

Die registrateur se aansoek het regter Keith Engers nie beïndruk nie en die uitspraak is op Maxwell se aansoek gegrond.

Die fonds, wat sowat 80 000 lewens dek wat jaarlikse premies van sowat R1,2 miljard betaal, is vroeër vanjaar onder voorlopige kuratele geplaas.

Dít, sê Engers, is nie omdat die fonds geldelike probleme het nie, maar omdat dit wanfunksioneel was omdat die raad van trustees onreëlmatig aangestel is.

Die probleme het al in 2016 begin toe twee faksies van die vakbond albei daarop aanspraak gemaak het dat hulle die reg het om lede tot die raad van trustees van die fonds te benoem en te verwyder.

Engers het die registrateur gekritiseer dat dit hom 18 maande geneem het om op te tree. Die registrateur het die hof eers in Februarie vanjaar gevra om ’n kurator aan te stel en die voorlopige bevel is begin Mei toegestaan.

Maxwell het op 16 Augustus sy aansoek ingedien om Khosana as kurator te verwyder, drie maande nadat sy met haar werk begin het, en die registrateur het sy aansoek op 13 September ingedien.

Maxwell het onder meer aangevoer daar is ’n “ontstellende” ses-jaar-gaping in haar CV. Dit toon haar  werkgeskiedenis net tot 2012 toe sy Medshield se hoofbeampte was. In 2012 is Medshield onder kuratele geplaas weens bewerings van wanbestuur en finansiële ongerymdhede. Die raad van trustees het bevind sy is nie geskik om as hoofbeampte te dien nie.

Dit besweer op geen manier my kommer nie. Indien die aantygings teen haar korrek is, dan het ek probleme om, sonder enige verdere bewyse of verduideliking, haar as ’n geskikte persoon te beskou.

Engers was minder bekommerd oor die “gaping in haar CV” as oor die aantygings wat by Medshield teen haar gemaak is. Hy meen as dit openbaar gemaak is in die aansoek om Samwumed onder kuratele te plaas, dit beslis die regter sou beïnvloed het in sy besluit om haar as kurator aan te stel.

“Die versuim om hierdie wesenlike feite voor regter Andrews te plaas, is nie Khosana se fout nie. Die aansoek is deur die registrateur ingedien wat sonder twyfel moes geweet het van die feite van die Medshield-kuratorskap.”

Khosana het op die aantygings oor Medshield reageer deur eenvoudig te sê sy werk nie meer vir hulle nie.

“Dit besweer op geen manier my kommer nie. Indien die aantygings teen haar korrek is, dan het ek probleme om, sonder enige verdere bewyse of verduideliking, haar as ’n geskikte persoon te sien om te dien as kurator van ’n mediese fonds. Dit op sigself sal waarskynlik ’n goeie rede gee om haar te verwyder as kurator.”

Ander redes wat Maxwell aangevoer het, hou verband met kontrakte wat gekanselleer is en voordele wat sy wou verander, asook personeel wat geskors is en onvanpaste aanstellings, asook haar “uitspattige” besteding van die fonds se geld.

Dit was gemene saak dat Khosana R234 000 per maand betaal is, plus uitgawes.

“Dit is altyd moeilik om die redelikheid van so ’n salaris te bepaal, maar met die eerste oogopslag klink dit oordadig,” sê Engers.

Volgens Maxwell het die uitgawes R150 000 per maand beloop, terwyl Khosana gesê het dit is tot R100 000 beperk.

Die registrateur het haar vergoeding vasgestel.

Volgens Maxwell het sy net drie keer per week na Samwumed se kantoor gekom. “Khosana se ontkenning hiervan en haar bewering dat sy ander werk weg van die kantoor doen, is nie oortuigend nie.”

Ten opsigte van haar uitgawes het Engers opgemerk sy woon nie in Kaapstad nie en moet na die stad reis en verblyf daar kry.

“Ek gaan nie oorweeg of haar uitgawes onredelik is nie. Dit laat egter wel die vraag ontstaan oor hoekom ’n geskikte persoon nie in Kaapstad gekry is as kurator vir ’n Kaapstadse fonds nie,” sê Engers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1252,1 (9780)
  • Top 40 46295,02 (-97758)
  • All Share 52466,98 (-100613)
  • Resource 10 42140,36 (10255)
  • Financial and Industrial 30 67967,17 (-204208)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.