Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Mediese toerisme bied ‘groot geleenthede vir SA’
mediese fonds, gesondheid, medies,
Mediese toerisme kan groot geld vir Suid-Afrika beteken. Foto: Unsplash

As Suid-Afrika sy kaarte reg speel, kan hy groot voordeel uit mediese toerisme trek.

“Pasiënte stroom reeds na Suid-Afrika vir mediese sorg. Ons is reg om ’n aantreklike bestemming te word waar mense behandeling kan kry en dan weer na hul eie land kan terugkeer,” sê prof. Mashudu Tshifularo, hoof van oor-, neus- en keel-chirurgie by die Steve Biko- Akademiese Hospitaal in Pretoria.

Hy was ’n spreker op die mediese fonds vir staatsamptenare (Gems) se jaarlikse seminaar wat in Durban gehou is.

Tshifularo het in Maart vanjaar mediese geskiedenis gemaak toe hy die eerste bio-identiese 3D-gedrukte middeloorbeenoorplanting ter wêreld gedoen het.

Hy het sy drome vir Suid-Afrika se gesondheidsbedryf in ’n onderhoud met Netwerk24 gedeel.

“Suid-Afrika is glad nie daarop gefokus om toerisme aantreklik te maak nie. Daar is groot uitdagings net om hiernatoe te kom. Daar moet dringend na visums gekyk word om dit vir pasiënte maklik te maak om hierheen te reis vir behandeling,” sê hy.

Tshifularo dink daar moet ook na beleid gekyk word om te verseker dat toeriste vir mediese behandeling betaal.

“Ons sien baie toeriste van die res van Afrika wat staatshospitale hier besoek en dus voordeel trek uit gratis dienste wat aangebied word. Ons moet dié voordeel tot Suid-Afrikaners beperk en buitelanders laat betaal,” sê hy.

Tshifularo sê hy sal in die toekoms graag wil sien dat daar ’n spesiale sentrum geskep word om mediese toerisme na Suid-Afrika te ontwikkel.

Dié sentrum kan dan help om pasiënte na die regte hospitale te verwys.

Tshifularo sê lande soos Indië het reeds dié geleentheid raakgesien om buitelanders deur middel van gesondheidsorg as toeriste na hul land te genereer.

“Dink net hoeveel werk ons kan skep as ons só ’n bedryf kan skep,” sê hy.

“Ons het die kennis, die spesialiste en die geriewe. Ons moet dit tot ons voordeel gebruik.”

Meer oor:  Dokters  |  Mediese Sorg  |  Gesondheidsorg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.