Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Momentum: Kanker, harte bly grootste rede vir eise

Die versekeraar Momentum het eise ter waarde van R4,6 miljard in 2019 uitbetaal, en 93,3% van alle eise wat ingedien is, gedek.

George Kolbe, hoof van bemarking van Momentum se afdeling vir kleinhandel-lewensversekering, en Jenny Ingram, hoof van produkte, het die syfers op ’n webinaar bekend gemaak.

Die eise behels:

  • Sterftes: R3,3 miljard (die grootste eis was vir R27 miljoen);
  • Ernstige siektes: R695 miljoen (R8 miljoen);
  • Inkomstebeskerming: R98 miljoen (die grootste eis het R167 299 per maand beloop; en
  • Ongeskiktheid: R499 miljoen (R16 miljoen).
momentum

Die sterfte-eis van R27 miljoen vir ’n vrou wat aan kanker dood is, is volgens Kolbe nie naastenby die grootste eis wat die versekeraar al betaal het nie. In 2010 het Momentum R101 miljoen betaal nadat ’n 49-jarige man in ’n hartoperasie gesterf het.

“Wanneer inflasie ingereken word, sou die bedrag in 2019 R160 miljoen beloop het,” sê hy.

momentum

Die R8 miljoen wat ’n 47-jarige vrou ontvang het nadat sy ’n eis vir ernstige siektes weens haar rumatoïede artritis ingedien het, is ook nie naastenby die grootste eis wat die versekeraar al hiervoor betaal het nie.

Momentum het oor ’n paar jaar altesaam R11,8 miljoen betaal aan ’n man wat eers ’n hartaanval gehad het, waarna demensie by hom gediagnoseer is en hy later ’n beroerte gehad het.

momentum

Ingram sê die grootste rede vir sterfte-eise was kanker (32%), gevolg deur kardiovaskulêre siektes (30%) en onnatuurlike sterftes (17%).

“Die jongste man vir wie ’n sterfte-eis ingedien is, was 18 jaar oud. Hy is met ’n mes doodgesteek.

“Die jongste vrou was 28 jaar oud en is dood aan leukemie,” sê Ingram.

Oor die algemeen is kanker (42%) die grootste rede vir sterfte-eise by vroue, terwyl kardiovaskulêre siektes (31%) tot die meeste sterfte-eise vir mans lei.

Kanker (41%) is by mans en vroue die grootste rede vir eise weens ernstige siekte, gevolg deur kardiovaskulêre siektes (23%) en probleme met die senuweestelsel (13%).

momentum

Die drie grootste redes vir ongeskiktheidseise is muskuloskeletale probleme (25%), kanker (21%) en probleme met die senuweestelsel (19%).

Ingram sê hul statistieke wys dat ongeag die ouderdom van die persoon vir wie geëis word, sal die eis betaal word solank aan al die vereistes voldoen word.

Die jongste persoon vir wie ’n eis vir ernstige siekte betaal is, was ’n baba van drie maande oud wat ’n hartoperasie moes ondergaan.

“Onthou, die kinders van ouers wat versekering vir ernstige siektes by ons het, word outomaties ook gedek,” sê sy.

Die oudste persoon vir wie ’n sterfte-eis ontvang is, was ’n man van 104 jaar oud.

Momentum het in 2019 agt sterfte-eise betaal vir mense wat met hul dood ouer as 100 jaar was.

momentum

Meer oor:  Momentum  |  Eise  |  Kanker  |  Siektes  |  Mediese Fonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.