Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
NGV: 7 dinge wat jy moet weet

Die wetsontwerp oor die staat se beoogde mediese fonds vir almal stippel nou duideliker uit wat daarmee beoog word. Hier is van die belangrikste bepalings van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) om van kennis te neem.

    

1. Daar sal verpligte bydraes tot die fonds wees

  

NGV gaan in fases tot 2026 in werking gestel word. Foto: Pixabay

Jou inkomste gaan bepaal hoeveel jy moet bydra.

Die wetsontwerp stippel ook die fases vir die inwerkingstelling van NGV uit. In fase twee moet die NGV-fonds geskep en in bedryf gestel word. Dit is nie duidelik wanneer die verpligte bydraes begin nie, maar dit gaan waarskynlik in die vorm van ’n betaalstaatbelasting wees wat in werking sal tree sodra die fonds gestig is.

Dr. Joe Phaahla, adjunkminister van gesondheid, het by die bekendstelling van die wetsontwerp gesê dit stem ooreen met die premies wat tans deur werkgewers aan mediese fondse oorbetaal word. Die bedoeling is volgens hom dat so ’n betaalstaat-aftrekking nie meer is as wat mense tans betaal nie, en in sommige gevalle kan dit selfs die helfte minder wees.

  

2. Dís die rol van mediese fondse

  

Mediese fondse sal uiteindelik net aanvullende dekking bied vir voordele wat nie deur die NGV-fonds gedek word nie.

’n Advieskomitee sal nog besluit presies wát die NGV gaan dek. Die voordele sal stelselmatig uitgebrei word.

’n Advieskomitee sal nog besluit presies wát die NGV gaan dek. Die voordele sal stelselmatig uitgebrei word. Wat met “aanvullende dienste” bedoel word, kan dus ook met verloop van tyd verander.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het by die bekendstelling van die wetsontwerp gesê hy glo mediese fondse sal geen probleem hê om aan te pas nie, soos hulle wel in die verlede suksesvol gedoen het, en finansiëlediensteprodukte ontwikkel wat die aanvullende dekking sal bied.

  

3. Belasting dalk verhoog

  

NGV kan tot bykomende belasting lei omdat die wetsontwerp nou voorsiening maak vir ’n opsie om finansiering vir die NGV te bekom deur ’n betaalstaat-belasting en bykomende persoonlike-inkomstebelasting. Dit sal egter eers in die laaste fase gedoen word en sal afhang van ekonomiese omstandighede.

Daar word steeds gewag word op nasionale tesourie se hersiene beraming van koste.

Die welkome verligting wat lede van mediese fondse tans geniet met die belastingkrediete wat hul maandelikse premies verminder, val mettertyd weg. Dit verskuif na die NGV-fonds. Die krediet beloop tans R310 vir die hooflid en eerste bykomende lid, en R209 vir elke bykomende afhanklike.

Hoeveel ekstra belasting nodig gaan wees, hang af van die koste van die NGV en die voordele wat aangebied sal word. Daar word steeds gewag word op nasionale tesourie se hersiene beraming van koste.

  

4. Jy sal nie sonder ’n verwysing ’n spesialis kan besoek nie

    

Verbruikers moet registreer vir die NGV. Die wetsontwerp bepaal wie dié gebruikers mag wees – onder meer Suid-Afrikaanse burgers en permanente inwoners, asook vlugtelinge. ’n Geregistreerde verbruiker kry toegang tot die voordele deur primêre gesondheidsorg.

Zweli Mkhize
Zweli Mkhize, minister van gesondheid. Foto: Morapedi Mashashe

Volgens Mkhize sluit dit ’n algemene praktisyn in of ’n kliniek wat jou moet verwys. Die wetsontwerp skryf ook voor hoe pasiënte verwys moet word. Die NGV gaan nie vir die voordele betaal as die regte roete nie gevolg is nie. Mkhize sê verbruikers word reeds geregistreer ten einde ’n sentrale databasis van gebruikers te hê.

  

5. Private dokters deel van die plan

  

Private gesondheidsorgverskaffers soos dokters en ander gesondheidsberoepe gaan ook gebruik word.

Dit is nie duidelik of private hospitale of private instellings deur NGV gebruik gaan word nie. Ten opsigte van nooddienste wat die NGV gaan gebruik word spesifiek ook na die private sektor verwys. Net geakkrediteerde private gesondheidsorgverskaffers sal dienste mag lewer.

Die departement van gesondheid het dit met die bekendstelling van die wetsontwerp duidelik gemaak dat die fonds sy eie administrasie gaan behartig. Daar is voorheen gemeen die administrasie kan dalk aan die private sektor uitgekontrakteer word.

Private diensverskaffers sal anders betaal word as waaraan pasiënte tans gewoond is. Dokters gaan per pasiënt wat gesien is betaal word en nie soos tans waar betaling afhang van alles wat op die rekening verskyn nie.

  

6. Die NGV sal in twee fases in werking gestel word

  

Die NGV moet stelselmatig ingefaseer word gegrond op onder meer die beskikbaarheid van finansiering, lui die wetsontwerp.

Die eerste fase is van 2017 tot 2022 en die tweede fase van 2022 tot 2026.

Fase 1 sluit in:

  • Om die gesondheidstelsel te verbeter en mensehulpbronne reg te kry.
  • Die stigting van die NGV-fonds en sy bestuurstrukture.
  • Die ontwikkeling van die NGV-wetgewing en wysigings aan ander wetgewing.
  • Begin met die koop van dienste vir kwesbare groepe, waaronder kinders, vroue, gestremdes en oues.
  • Die oprigting van die kontrakteringseenhede vir primêre gesondheidsorg in distrikte.
  • Die ontwikkeling van die pasiënte-registrasiestelsel

Fase 2 sluit in:

  • Verdere versterking van die gesondheidstelsel.
  • Die inbedryfstelling van die fonds as ’n koper van dienste deur ’n stelsel van verpligte voorafbetaling.
  • Die mobilisering van bykomende hulpbronne indien nodig.
  • Selektiewe kontraktering met private verskaffers van gesondheidsorg.
  • Die voordele sal uitgebrei word en in ’n gunstige ekonomiese omgewing sal nuwe belastingopsies geëvalueer word, insluitende ’n bykomende belasting op persoonlike inkomste of ’n klein betaalstaatbelasting.

  

7. Wat gebeur nou?

  

Die wetsontwerp is in die parlement ter tafel gelê. Mkhize sê dit begin die wetgewende proses in die nasionale vergadering en die nasionale raad van provinsies. Dit sluit in openbare konsultasie oor die wetsontwerp. Hy verwag ’n lewendige debat.

Voorheen is gesê die portefeuljekomitee oor gesondheid sal vra vir kommentaar op die wetsontwerp en sal belangrike belangegroepe uitkies om mondelingse voorleggings te doen.

Die insette sal deur die komitee geëvalueer word en as dit nodig is, sal wysigings aan die wetsontwerp gemaak word. Sodra die werk klaar is, gaan die wetsontwerp na die nasionale raad van provinsies waar deur ’n soortgelyke proses gegaan sal word deurdat dit na elke provinsiale wetgewer sal gaan wat openbare kommentaar sal kry deur met gemeenskappe te vergader.

Die sienings word dan na die nasionale raad van provinsies geneem om wysigings aan te bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.