Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
NGV: Hoër belasting is jou voorland

Belastingbetalers gaan mettertyd opdok vir Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Dit blyk uit die hersiene NGV-wetsontwerp wat Donderdag uitgereik is.

ngv, mediese fonds,
NGV gaan deur belastingbetalers gefinansier word. Foto: Unsplash

Daarin word uitgestippel dat persoonlike-inkomstebelasting in die laaste fase van NGV se inwerkingstelling verhoog kan word om daarvoor te betaal.

Die wetsontwerp stippel nou baie duideliker uit hoe NGV gefinansier gaan word as in die vorige weergawe van die wetsontwerp.

Die volledige wetsontwerp is hieronder aangeheg.

Die moontlikheid van hoër belasting is voorheen in die witskrif oor die NGV genoem, maar dit was nie in 2018-wetsontwerp nie.

Die wetsontwerp sluit nou die afdeling “hoofbronne van inkomste” in.

Dit lui dat die fonds geregtig sal wees op geld wat jaarliks deur die parlement bewillig sal word. Die geld sal afkomstig wees van die volgende bronne:

1. Algemene belastinginkomste, insluitend die verskuiwing van finansiering van provinsies.

2. Die belastingkrediete wat mediesefondslede tans ontvang, wat sal wegval.

3. ’n Betaalstaatbelasting, dus ’n heffing wat werkgewers sal moet betaal.

4. Bykomende persoonlike belasting, wat bekend gestel sal word deur die minister van finansies.

Die nuwe weergawe van die wetsontwerp bevat hierdie gedeeltes.
In die deel oor die finansieringsbronne van die NGV word voorsien dat ’n betaalstaatbelasting en bykomende persoonlike belasting ’n moontlikheid is.

Eers in die finale fase van inwerkingtreding “sal in ’n gunstige ekonomiese omgewing begin word met die evaluering van nuwe belastingopsies vir die fonds, insluitend die bykomende persoonlike-inkomstebelasting of ’n klein betaalstaatbelasting”.

Die betaalstaatbelasting sal waarskynlik dien as die verpligte bydrae soos wat baie werknemers tans elke maand vir hul mediese fonds betaal.

Luidens die wetsontwerp sal die Suid-Afrikaanse Inkomstediens die inkomste vir die fonds insamel.

Die wetsontwerp sluit ook nou besonderhede in oor die finansiële implikasie vir die staat van NGV.

Onder dié gedeelte word gesê: “Weens die huidige fiskale omstandighede sal belastingverhogings in ’n later fase van inwerkingstelling ingestel word.”

Die wetsontwerp gaan nou deur die parlement bespreek word en belanghebbendes sal die geleentheid kry om kommentaar te lewer voordat dit in werking gestel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2176,76 (1034)
  • Top 40 50134,22 (-73968)
  • All Share 56220,41 (-67482)
  • Resource 10 43812,73 (-19543)
  • Financial and Industrial 30 76180,46 (-139445)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.