Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
NGV: Meer tyd gegun vir kommentaar op wet

Rolspelers in die gesondheidsektor mag nou tot 29 November kommentaar lewer op die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid.

Die parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid sê in ’n verklaring hy het die afgelope weke ’n stroom versoeke van belanghebbendes én individue ontvang om meer tyd vir kommentaar toe te staan.

Die wetsontwerp is einde Augustus uitgereik en die spertyd vir kommentaar was aanvanklik 11 Oktober.

Dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die komitee, sê die versoeke kom van belanghebbendes wat ’n belangrike rol speel in die lewering van gesondheidsorg.

Die versoek was dat die tyd tot middel November uitgestel word, maar die komitee het selfs verder gegaan as dit.

Die nuwe spertyd vir geskrewe voorleggings beïnvloed nie openbare sittings wat vanaf 25 Oktober landwyd gehou word nie.

Mense wat ook nog voorleggings wil instuur, kan dit rig aan: Me. Vuyokazi Majalamba, Portefeuljekomitee oor Gesondnheid, 3de verdieping, Pleinstraat 90, Kaapstadd 8000, of hulle kan dit e-pos aan vmajalamba@parliament.gov.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.