Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
NGV-projekte gaan uitgestel word – Motsoaledi

Projekte vir die omstrede plan met Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) kan dalk uitgestel word omdat die departement van gesondheid se begroting herprioritiseer is, volgens dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid. Foto: GCIS

Motsoaledi het Donderdag ’n toespraak op ’n byeenkoms van die Universiteit Stellenbosch se Bestuurskool gelewer en ná die tyd die opmerking aan joernaliste gemaak.

Motsoaledi het in sy toespraak gesê die tesourie het die geld wat aan die departement toegewys moes word in wese van 2015 af met R9 miljard besnoei.

Gedurende dié tyd het die subsidies wat staatsamptenare kry vir bydraes tot mediese fondse en belastingkrediete wat alle lede van mediese fondse ontvang het, met R11 miljard gestyg, sê hy.

Gegewe die kleiner as verwagte begroting moet die departement “die planne weer opstel” om te besluit watter behandelings vir staatspasiënte geprioritiseer moet word.

Motsoaledi sê ná ’n gesprek met Nhlanhla Nene, voormalige minister van finansies, en Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, oor die behoefte van die departement om meer personeel te werf, is besluit die geld wat vir die NGV bedoel is, moet herprioritiseer word om 2 200 personeellede aan te stel en beddens en beddegoed vir hospitale te koop.

Dis ook in die mediumtermynbegrotingsraamwerk aangekondig dat R350 miljoen van die NGV hertoegewys word hiervoor.

Volgens hom is die doelstellings van meer personeel en geld vir beddens en beddegoed deel van pres. Cyril Ramaphosa se stimulusplan wat in September aangekondig is.

Hy het gesê hy is nie gelukkig daarmee nie, maar het geen keuse nie.

Motsoaledi beskryf dit as die regering wat wegneem met dieselfde hand as wat hy gee.

“Dit is nie nuwe geld nie. Ek sou gelukkig gewees het as dit nuwe geld was vir die stimulusplan, maar dit is geld wat vir NGV-projekte gegee was, en dan moet jy hulle uitstel, ongelukkig.”

Motsoaledi voer aan die kleiner toewysings die afgelope jare aan die departement het die infrastruktuur vir gesondheid en mensehulpbronne negatief geraak.

Die land is beter daaraan toe as die departement bestaande dienste aan die gang hou pleks van om geld daar weg te neem ten gunste van nuwe dienste vir NGV, sê hy.

Hy het die R4,1 miljard wat vir NGV bedoel is, opsy gesit omdat hy al in Mei gewaarsku is die begroting kan herprioritiseer word.

“As ons haastig was en die geld op nuwe dinge bestee het en ons het skielik al die ou dienslewering wat daar was, verloor, sou dit ’n krisis vir die land gewees het.” - Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.