Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
NGV: Tyd om net in te spring, sê Zweli

Dit is tyd om “net in te spring” met die inwerkingstelling, het dr. Zweli Mkhize Vrydag in sy eerste begrotingsrede as minister van gesondheid, oor die omstrede Nasionale Gesondheidsversekeringsplan (NGV) gesê.

Links is Precious Matsoso, direkteur-generaal van die nasionale departement van gesondheid, saam met dr. Zweli Mkhize, nuwe minister van gesondheid, op ’n mediakonferensie wat voor sy begrotingsrede gehou is. Mkhize het die foto op Twitter versprei.

Die kabinet het Woensdag die wetsontwerp oor die NGV goedgekeur om in die parlement ter tafel te lê. Groot kommer bestaan egter oor wat dié weergawe van die wetsontwerp gaan bevat.

“Ek weet daar is kommer oor die gereedheid van ons stelsel om die NGV in werking te stel, maar ek glo te veel besprekings, ontledings en diagnose het reeds plaasgevind. Ek glo dis tyd vir ons om net in te spring met die implementering.

“As ons voortgaan om die probleem te analiseer, gaan ons nooit by die oorlog opdaag nie.”

Hy sê egter dit is waarom ’n aantal vraagstukke dadelik getakel gaan word om die probleme in die gesondheidstelsel op te los en terselfdertyd ’n platform vir die implementering van die NGV te skep.

Hier is van die probleme waaraan daar dadelik aandag gegee gaan word.

1. Onbillike finansiering vir die openbare sektor

Volgens hom is daar in gesprekke met provinsiale regerings bevind almal het die gevoel dat hulle “wesenlik ondergefinansier” is. Hy sê die grondslag van die nasionale begroting vir die departement moet gekorrigeer word “veral gegewe die grootte van die diens wat gelewer moet word, die siektelas en die gehalte wat van die staatsdiens verwag word”.

“Daarom is ons in gesprekke met die nasionale tesourie om verskeie maniere te bespreek om gesondheid te finansier. Maar op lang termyn sal die belegging in die NGV die finansieringsmeganisme skep om die probleem op te los.”

2. Tekort aan personeel

Die tekort aan personeel moet eens en vir altyd uitgewis word, sê Mkhize. Volgens hom is die provinsiale departemente opdrag gegee om na “moontlike bronne van finansiering” te soek vir hierdie prioriteit.

’n Span is tussen die departement en die nasionale tesourie opgestel om die begroting te herprioritiseer, na vakante poste te kyk en te kyk na opgeblase strukture wat verklein kan word of poste waarvan afstand gedoen moet word.

Voorwaardelike toekennings (die geld uit die nasionale begroting wat vir spesifieke doelwitte opsy gesit word) gaan ook geherstruktureer word.

Hy beloof dat terugvoering oor die planne sal verskaf word soos vordering daarmee gemaak word.

Die departement het ’n begroting van meer as R51 miljard vir die lopende boekjaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1986,07 (-56)
  • Top 40 51958,03 (51078)
  • All Share 58052,71 (51549)
  • Resource 10 46470,08 (33567)
  • Financial and Industrial 30 77966,47 (84434)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.