Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Niks sinister in NGV-proses, sê minister
medies, medici
Ter illustrasie. Foto: Unsplash

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, ontken ongerymdhede in die proses oor die wetsontwerp oor nasionale gesondheidsversekering (NGV).

Hy sê in ’n verklaring hy verwerp mediaberigte “met minagting” waarin beweringe van onreëlmatighede daaroor uitgespreek is. Motsoaledi glo dit is bedoel om die geloofwaardigheid van die proses te “beswadder” en die publiek se siening daaroor te verander.

Dit kom ná berigte oor ’n brief van die nasionale tesourie aan dr. Olive Shisana, adviseur van die president oor NGV, waarin ernstige kommer uitgespreek is oor veranderinge wat laat in Oktober gedoen is aan die wetsontwerp wat nou op pad is na die kabinet.

Motsoaledi probeer in sy verklaring om die feite rakende die konsultasieproses uiteen te sit.

  • Kommentaar is van verskeie belanghebbendes en van die publiek ontvang. Soos gewoonlik het die departement van gesondheid die kommentaar hersien en vir die hersiening van die NGV-wetsontwerp oorweeg.
  • Buiten die openbare kommentaar het verdere konsultasie van belanghebbendes plaasgevind. Dit sluit ’n beraadslagende vergadering in waar pres. Cyril Ramaphosa self op 24 Augustus met meer as 300 partye geskakel het.
  • Op hierdie vergadering het Ramaphosa aangekondig hy sal die NGV-proses as staatshoof lei.
  • Die media het vrae hieroor gehad waarop Motsoaledi verduidelik het hy het Ramaphosa persoonlik versoek om hierdie proses te lei omdat die inbring van die NGV so ’n groot “seismiese gebeurtenis” is wat die leiding van die staatshoof benodig.

“Daarom is daar niks sinister vir die presidensie om in die NGV-proses betrokke te wees nie. Dit is ontwerp om so te wees,” sê Motsoaledi luidens die verklaring.

“Die president is die staatshoof en daarom het die presidensie die reg en gesag om toesig oor regeringswerk, insluitende wetgewing, te hou.”

Hy sê die NGV is nie net ’n gewone regeringsprogram nie.

“Dit is ’n vlagskipprogram van die staat wat ontwerp is om te verseker dat ons ons grondwetlike mandaat van gesondheid lewer, as ’n reg van elke mens in die land, ongeag hul stand in die samelewing.”

Sedert die VN die beginsel van universele gesondheidsdekking aanvaar het as een van die 17 doelwitte vir volhoubare ontwikkeling in die wêreld, het “staatshoofde in die meeste groot demokratiese lande die verantwoordelikheid oorgeneem om die belangrike voorstanders en aandrywers te wees om dit te bereik”.

Hy sê die NGV is Suid-Afrika se universele gesondheidsdekking.

“Dit sal agterlosig wees van ons presidensie om afsydig te staan teenoor so ’n groot poging in die wêreld.”

  • Ná die beraadslagende vergadering het Motsoaledi rondgegaan in die land en met burgerlike organisasies, akademiese instellings, dekane van fakulteite vir gesondheidswetenskap, tradisionele leiers, vakbonde en professionele mediese verenigings oor die wetsontwerp en die verslag oor die “markondersoek oor die koste van private gesondheidsorg” gepraat.
  • Uitgebreide konsultasie het tussen die nasionale tesourie en die departement van gesondheid plaasgevind en is soos beplan deur die presidensie gefasiliteer.

“Soms het hierdie konsultasie deur briefwisseling plaasgevind. Dus was daar niks onbetaamlik aan die brief wat die nasionale tesourie oor die aangeleentheid geskryf het nie.

Die kabinet is nie ’n geheime organisasie nie. Dit is ’n wettige struktuur wat deur die wet gemagtig is en deur dieselfde wetgewing is sy dokumente geklassifiseer.
Aaron Motsoaledi

“Hierdie tipe gesprek sal ongehinderd voortgaan soos wat dit normale praktyk is tussen staatsdepartemente in die wetgewende en beleidmakende proses.”

Motsoaledi ontken dat “enige wetgewing oortree is of dat daar enige onwettigheid of onreëlmatigheid” in die wyse is waarop die wetgewingsproses tussen die departement, sy amptenare, tesourie, die presidensie en die res van die regering plaasvind.

Motsoaledi glo dit is wel sinister dat die brief aan die media uitgelek is. Hy glo dit is deur gewetenlose amptenare gedoen wat voorgee hulle het iets “boos” in die gesprek tussen staatsdepartemente ontbloot.

Motsoaledi sê hy neem kennis van kommentaar in die media oor dokumente wat aan die kabinet voorgelê is.

“Die kabinet is nie ’n geheime organisasie nie. Dit is ’n wettige struktuur wat deur die wet gemagtig is en deur dieselfde wetgewing is sy dokumente geklassifiseer. Daarom mag die inhoud nie vrygestel word voordat die kabinet dit magtig nie.”

Hy ontken die aantygings dat die versoek geïgnoreer is om die tyd vir openbare kommentaar langer as drie maande te maak.

“Dit is by die beraadslagende vergadering op 24 Augustus bespreek en die minister het verduidelik hoekom dit ongewens gaan wees om ’n verlenging te gee.”

Verder het hy verduidelik enige probleem wat nie deur die openbare deelnameproses in drie maande geopper kan word nie, kan steeds na vore gebring word wanneer die parlement se openbare verhore regdeur die land plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2579,48 (5818)
  • Top 40 48247,95 (-18709)
  • All Share 53995,82 (-19210)
  • Resource 10 42465,54 (-4274)
  • Financial and Industrial 30 73008,97 (-35550)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.