Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Nóg korrupsie in gesondheidsektor dalk bekyk
mediese fonds, gesondheid, medies,
Mediese toerisme kan groot geld vir Suid-Afrika beteken. Foto: Unsplash

Nog drie ondersoeke oor korrupsie kan moontlik in die gesondheidsektor kom bykomend tot die ses wat reeds deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) uitgevoer word.

Die SOE het gesê hy het nog drie motiverings na die president gestuur vir ’n presidensiële proklamasie.

Die SOE doen reeds ses ondersoeke in die gesondheidsbedryf nadat proklamasies deur die president geteken is daarvoor.

Volgens die SOE spruit die ondersoeke uit 17 aantygings van ernstige wanadministrasie, bedrog en korrupsie wat by die teenkorrupsieforum vir die gesondheidsektor aangemeld is.

Dit ondersoeke waarvoor reeds proklamasies ontvang is, word uitgevoer oor die:

  • Raad op Mediese Skemas;
  • Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens;
  • Raad op Gesondheidsberoepe;
  • Medisynebeheerraad;
  • Die gesondheidsdepartemente van Noordwes en die Vrystaat; en
  • die kantoor van die staatsaanklaer ten opsigte van mediese eise wat teen die staat ingestel is.

Nog twee van die aantygings wat ontvang is, is na ander instellings verwys wat deel vorm van die teenkorrupsieforum.

Die ander ses aantygings word ontleed om te bepaal watter van die organisasies dit die beste sal ondersoek.

LEES OOK: Beheerraad vir medisyne word óók ondersoek

Die teenkorrupsieforum het op 27 November byeengekom om sy program te bespreek van aksie en die vordering met inisiatiewe om bedrog en korrupsie in die gesondheidsbedryf te bekamp.

Die forum bestaan uit wetstoepassers, reguleerders in die gesondheidsbedryf, die nasionale gesondheidsdepartement en provinsiale departemente en belangegroepe uit die private sektor.

LEES OOK: Ondersoek na mediese fondse se waghond begin

Die forum is veronderstel om die Nasionale Gesondheidsversekering by te staan om ’n risikobestuursraamwerk voor te berei om korrupsie, bedrog en wanadministrasie te bekamp.

’n Konsepplan van aksie en implementering is ontwikkel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.