Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Nuwe NGV-wet: Mediese fondse só beperk
Dr. Zweli Mkhize, Foto: Argief

Die hersiene weergawe van die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsverskering (NGV) bevat nou ’n duideliker klousule oor wat die rol van mediese fondse gaan wees.

Dit bevat nou ’n paragraaf wat duidelik uitstippel wat hul rol sal wees. Dit lui: “Sodra die NGV ten volle in werking gestel is soos deur die minister bepaal is deur regulasies in die Staatskoerant, sal mediese skemas net aanvullende dekking mag bied vir  dienste wat nie deur die fonds betaal gaan word nie.”

ngv, mediese fondse
Wat die nuwe NGV-wetsontwerp oor mediese skemas sê.

NGV is ’n massiewe staatsbeheerde mediese skema wat die staat beoog om vir alle mense in die land dieselfde dienste te koop van verskaffers in die staat- en private sektor.

Bydraes tot die NGV gaan verpligtend wees.

In die vorige weergawe, wat Junie verlede jaar uitgereik is, is bykans dieselfde gesê, maar dit was nie so ondubbelsinnig uitgestippel nie. Dit het onder die hofie oor die regte van gebruikers gelui dat ’n gebruiker “aanvullende gesondheidsdienste kan koop wat nie deur die fonds gedek word nie deur vrywillige mediese versekering”.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, stel die langverwagte hersiene wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) Donderdagoggend in Pretoria op ’n mediakonferensie bekend.

Die wetsontwerp moet nou deur die parlement bespreek word en belanghebbendes sal kans kry om kommentaar te lewer voordat die wet goedgekeur word.

Lees self die volledige wetsontwerp in die dokument hieronder.

LEES OOK: Kabinet sê ja vir wetsontwerp oor NGV-plan

Intussen hou belastingbetalers ook nog asem op om te hoor hoe die NGV gefinansier gaan word. Die nasionale tesourie moet nog ’n verslag uitreik oor sy voorstelle oor hoe die finansiering moet werk.

LEES OOK: Kabinet vra nuwe plan vir NGV se finansiering

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.