Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Ons wil nie private gesondheidsorg vernietig – minister

Daar is geen plan om van private gesondheidsorg in Suid-Afrika ontslae te raak nie.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid.

“Niemand beplan om private gesondheidsorg te vernietig nie. Daar bestaan nie so ’n plan nie.” het dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, Maandag aan afgevaardigdes op die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika se konferensie in Bryanston, Johannesburg, gesê.

“Ons het nooit gesê daar is ’n gesondheidstelsel wat op twee vlakke funksioneer nie.

“Wat ek gesê het, is dat ons nie twee stelsels kan hê waar 16% van Suid-Afrikaners toegang tot albei het nie. Wanneer hul private mediese fonds uitgeput is, het hulle die keuse om die staat se gesondheidsorg te gebruik.

“Dít terwyl 84% van Suid-Afrikaners geen keuse het waarheen hulle gaan nie. Hulle kan net gesondheidsdienste gebruik wat die staat lewer – of dit bestaan of nié.

“Dit is waar die NGV inkom.”

Motsoaledi sê siektetoestande kan nie op verskillende maniere behandel word op grond van wat mense kan bekostig nie. “Ons moet ’n einde maak daaraan.

Ons kan nie wag vir openbare gesondheidsorg om eers reggemaak te word voordat ons begin saamwerk nie.
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid

“Ons kan nie wag vir openbare gesondheidsorg om eers reggemaak te word voordat ons begin saamwerk nie.

“Daar is een private hospitaal in Gauteng wat meer ginekoloë het as wat daar gesamentlik in staatshospitale in Limpopo, Mpumalanga en Noordwes werk.

“Ons moet kyk hoe hierdie ginekoloë by private hospitale ook pasiënte kan help wat net toegang tot openbare gesondheidsorg het.

“Daar is honderde sielkundiges bedrywig in die private sektor en minder as 200 in die openbare sektor. Maak dit nie sin dat hierdie sielkundiges ook in die openbare sektor help nie?”

Hy sê onderhandelinge tussen die staat en verskaffers van byvoorbeeld entstof wys dat die openbare en private sektor suksesvol kan saamwerk.

Kanker is volgens hom die volgende groot gesondheidsprobleem wat Suid-Afrika in die gesig staar, veral borskanker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.