Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Oppas vir fopnuus oor hospitale - Netcare, Mediclinic

Die hospitaalgroep Netcare ondervind ’n wesenlike toename in die vraag na die behandeling van mense met Covid-19 in sy hospitale, maar het gebeurlikheidsplanne vir wanneer ’n tekort aan personeel ondervind word.

Dis net so veilig om hospitaal toe te gaan as winkelsentrum toe, reken ER.

Jacques du Plessis, besturende direkteur van die hospitaalafdeling van Netcare, sê die groep het ten spyte van ’n wesenlike toename in die vraag, veral in die Oos-Kaap en Gauteng, nog plek vir pasiënte met Covid-19 asook ander in sy hospitale.

Du Plessis sê hy kan verstaan dat die publiek bekommerd is oor die hospitale se vermoë gegewe die skerp styging in gevalle die afgelope tyd asook vals nuus op sosiale media dat sekere hospitale gesluit is en pasiënte van nooddienste weggewys word.

Volgens hom het Netcare gebeurlikheidsplanne vir as ’n situasie ontstaan waarin ’n hospitaal vol raak.

Pasiënte sal na van sy ander hospitale vervoer word wat wel plek beskikbaar het.

Hy het verduidelik dat as daar in sekere gevalle ’n onverwagte personeeltekort in ’n hospitaal ontstaan, sal die hospitaal tydelik vir noodgevalle gesluit word. In dié geval sal nooddienste in kennis gestel word en ander hospitale in die gebied sal die diens verskaf.

Volgens hom is dit al jare die praktyk.

Noodsorg word steeds aan enige persoon gegee wat by ’n noodeenheid met ’n lewensbedreigende besering of toestand opdaag.

Noodsorg word egter steeds aan enige persoon gegee wat by ’n noodeenheid met ’n lewensbedreigende besering of toestand opdaag.

Hy sê mense moet kennis neem daarvan dat nie alle pasiënte wat opgeneem word met Covid-19 of persone wat nog ondersoek word om te bepaal of hulle Covid-19 het, sorg in hoësorgeenhede en waakeenhede benodig nie. Almal het ook nie ventilasie en suurstof nodig nie.

Volgens hom bly die situasie uiters vloeibaar.

“Ons verwag die vraag gaan toeneem in die komende weke. Ons evalueer dus deurlopend die vraag na die hospitalisasie van pasiënte met Covid-19 en dié wat ondersoek moet word daarvoor, asook ander pasiënte om sodoende die hulpbronne effektief in ’n vinnige veranderende wêreld te bestuur.”

Moenie wegbly

Mediclinic het ook in ’n verklaring gesê die boodskap wat op sosiale media die ronde doen, is fopnuus. Daarin word beweer dat die hospitaalgroep opdrag gegee het aan dokters om nie kardiopulminêre resussitasie op pasiënte met Covid-19 te doen nie.

Terselfdertyd het dr. Steven Holt, besturende direkteur van ER Consulting, wat die grootste private praktyk vir noodgevalle in Suid-Afrika is, gemaan mense moenie noodeenhede vermy uit vrees dat hulle die virus gaan kry nie.

Volgens hom het dit die afgelope twee maande duidelik geraak dat mense noodeenhede ten koste van hul gesondheid vermy.

“Dié sentiment word aangeblaas deur boodskappe van die regering, sosiale media asook baie mediese praktisyns.”

Hy sê die persepsie onder die publiek is dat hospitale en noodeenhede deur Covid-19-pasiënte oorval word. “Dit is eenvoudig nie die geval nie.”

Volgens hom word ook ervaar dat baie pasiënte eers op die laaste nippertjie na ’n noodeenheid gaan vir behandeling en dit maak hul versorging op die ou einde meer kompleks, gevaarlik en duur.

“Ons personeel is almal hoogs opgelei in prosedures vir infeksiebeheer en ons noodeenhede is herontwerp in ooreenstemming met die riglyne vir Covid-19 wat veilige ruimtes vir verskillende pasiënte skep.”

Hy sê om ’n noodeenheid te besoek hou nie ’n hoër risiko in as om ’n plaaslike winkelsentrum te besoek nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.