Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Pleidooi vir baie meer narkotiseurs

Suid-Afrika moet sy getal mediese spesialiste drasties verhoog om te verseker dat die gehalte van gesondheidsorg onder Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) verbeter eerder as verswak.

Suid-Afrika kort eintlik meer as 3 300 narkotiseurs. Foto: Pixabay

Natalie Zimmelman, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Narkotiseurs (Sasa), skryf in ’n ope brief aan dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, en Malebona Matsoso, direkteur-generaal van die nasionale departement van gesondheid, Suid-Afrika het 1 379 narkotiseurs, maar dis minder as die helfte van wat nodig is.

Sasa reken die land moet nóg 1 938 van dié spesialiste hê, dus altesame 3 317, om die pasiëntelading te kan behartig.

Sasa verteenwoordig nagenoeg 90% van alle narkotiseurs in die land, in sowel die private as die staatsektor.

Zimmelman sê opnuut Sasa se steun toe aan die “bedoeling van die voorgestelde NGV, naamlik universele toegang tot en gesondheidsorg vir ons hele land”.

Maar, skryf sy: “Die tekort aan mensekapitaal sal onvermydelik ’n uitwerking op die standaard van pasiënte se sorg hê. Die NGV streef nie na gelyke toegang tot swak sorg nie en wil ook nie die arbeidsmag swartsmeer nie.”

Sasa sê dis tyd vir ’n konstruktiewe, ope dialoog tussen Sasa en die departement van gesondheid om probleme op te los wat die bedoelings van die NGV in die wiele kan ry.

Sasa het onlangs in ’n peiling bevind sowat 80% van die narkotiseurs in die private sektor meen die NGV gaan sleg vir hul beroep wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1036,35 (-1197)
  • Top 40 50987,15 (58996)
  • All Share 57164,25 (61745)
  • Resource 10 43731,91 (12908)
  • Financial and Industrial 30 76406,35 (116772)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.