Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Goeie gesondheid ‘nie net vir rykes’ - Cyril
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Elvira Wood

Suid-Afrika het reeds baie bereik om gesondheidsorg aan sy burgers te verskaf, het pres. Cyril Ramaphosa Vrydagoggend in Pretoria gesê.

Die departement van gesondheid het dié sessie gereël waarop hy belanghebbendes by die WNNR oor sy vooruitsig vir die regering se Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) toegespreek het.

Ramaphosa het gesê dat baie reeds sedert 1994 bereik is.

Hy het gesê gesondheidsorg in die land moet steeds verbeter word sodat dit toeganklik vir almal is.

Volgens hom het die land baie sedert 1994 gedoen in die stryd teen HIV/vigs.

“Nou moet ons die stryd voortsit, dié keer teen tuberkulose.”

“Gesondheidsorg moet vir almal toeganklik wees, nie net vir ryk mense nie,” het hy gesê.

Die NGV – die staat se plan om gesondheidsorg te finansier – word in drie fases bekend gestel, waarvan die eerste fase reeds afgehandel is.

Die plan met die NGV is dat alle werkende Suid-Afrikaners uiteindelik verplig word om tot die NGV-fonds by te dra en mediese skemas sal net ’n aanvullende rol speel.

Die plan is om alle geld wat vir mediese sorg beskikbaar is – hetsy vanaf die staat of wat verbruikers tans vir mediese fondse opdok – in die fonds te stort om gesondheidsdienste vir almal te koop.

Die wetsontwerp bepaal die funksies, magte en pligte van die fonds.

Dit gee ook ’n raamwerk vir die aankoop van gesondheidsdienste deur die fonds namens sy lede.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Nvg  |  Gesondheidsorg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1057,1 (1153)
  • Top 40 50272 (5224)
  • All Share 56445,57 (6428)
  • Resource 10 43624,93 (54914)
  • Financial and Industrial 30 74932,14 (-29412)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.