Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Mediese Fondse
Ramaphosa: Ons kan NGV bekostig
Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Elvira Wood

Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is nie ’n uitgawe nie, maar ’n belegging in Suid-Afrika se toekoms.

Dit is pres. Cyril Ramaphosa se boodskap oor dié ambisieuse plan van die regering.

Die plan met die NGV is dat alle werkende Suid-Afrikaners uiteindelik verplig word om tot die NGV-fonds by te dra en mediese skemas sal net ’n aanvullende rol speel.

“Ons moet ons bevolking gesond hou. Wanneer hulle gesond is word hulle ’n produktiewe arbeidsmag,” sê Ramaphosa.

Hy sê dat toe planne tien jaar gelede voorgelê is om die NGV te stig, was daar tóé reeds baie mense wat gesê het die regering kan dit glad nie bekostig nie.

Hy sê daar word veral nou vrae gevra oor of die regering dit ooit sal kan bekostig, veral weens die swak ekonomiese groei.

Hy het die voorbeeld van Noorweë gegee wat glo juis nasionale gesondheidsorg ingestel het toe ekonomiese groei dáár baie laag was.

“As ons dit behoorlik toepas en behoorlik bestuur, dan kan ons dit bekostig,” sê hy.

Ramaphosa sê daar is ’n paar knelpunte wat hy glo dringend aandag moet kry.

“Ons gesondheidswerkers in die openbare sektor voel hulle is oorwerk en word uitgebuit omdat hulle kollegas na die private sektor gaan.

“Ons moet erken gehaltedienste kan nie deur ’n moeë en ontmoedigde arbeidsmag gelewer word nie.”

Ramaphosa sê die toerusting wat gebruik word moet ook aan standaarde voldoen.

“Die stories wat ons hoor van pasiënte sonder beddens, geen linne of wat op die vloer slaap, definieer ons nie as ’n gemeenskap wat omgee nie.

“Ons moet hierdie probleem oplos,” sê hy.

Nog ’n probleem is die enorme waglys in staatshospitale wat betref operasies wat uitgevoer moet word.

Ramaphosa sê dit is omdat daar bloot nie genoeg teaters beskikbaar is nie.

“Dokters moet nie met mekaar baklei oor wie eerste mag opereer omdat daar nie teaters is nie,” sê hy.

“Ons moet die era waar gehaltegesondheidsorg net toeganklik is vir mense met diep sakke, agter ons sit.

“Die NGV moet gehaltegesondheidsorg aan almal, swart en wit, ryk of arm lewer.”

Ramaphosa het tóg gemaan dat primêre gesondheidsorg by individue begin.

“Ons benadering moet meer fokus op voorkoming as op nasorg.

Ramaphosa sê om te verseker dat alle Suid-Afrikaners toegang tot gehaltegesondheidsorg teen 2025 het, gaan alle belanghebbendes moet saamwerk.

“Ons het geen keuse as om saam te werk nie. As ons nie saamwerk nie, gaan ons nie gesondheidsorg vir almal kan bring nie.”

Ramaphosa het belowe belanghebbendes sal alle aspekte van die voorgestelde plan op die komende gesondheidsberaad kan bespreek.

Hy het nie gesê wanneer dié beraad gehou gaan word nie.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Staatshospitale  |  Ngv  |  Mediese Sorg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1143,64 (202)
  • Top 40 44843,58 (-134525)
  • All Share 51067,77 (-135575)
  • Resource 10 39182,27 (-76408)
  • Financial and Industrial 30 67037,29 (-230941)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.